ASL Personeelnuus
Dit is vir ons hiermee aangenaam om te bevestig dat Ryan Slabbert en Jan Odendaal, wat beide as assistentbestuurders in die oudit-en-gerusstellingsafdeling gewerk het, tot kliëntebestuurders bevorder is. Ryan, wat onlangs sy finale raadseksamen as Geoktrooieerde Rekenmeester voltooi het, werk sedert 2020 by die firma en is tot kliëntebestuurder in ons besigheidsoplossingsafdeling bevorder. Jan, wat […]
Die belangrikheid van goeie korporatiewe bestuur
Korporatiewe bestuur is in wese die wyse waarop entiteite bestuur en gereguleer word. Suid-Afrikaanse wetgewing bevat verskeie vereistes waaraan maatskappye moet voldoen om ‘n goeie korporatiewe burger te wees. Dit is dus belangrik dat maatskappye bewus is van hierdie wetlike vereistes om sodoende te verseker dat hulle goeie korporatiewe bestuurspraktyke handhaaf. Drie algemene foute is: […]
SAID / Belasting verwikkelinge
SAID- en eFiling korrespondensie Na aanleiding van die onlangse bedrog en die kaping van efiling profiele wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ondervind is, het hulle hul beleid rondom kommunikasie aan belastingbetalers aangepas. Gevolglik sal alle korrespondensie voortaan slegs aan belastingbetalers se persoonlike e-pos adresse gestuur word en nie meer aan u belastingpraktisyn (ASL) gestuur […]
Hoogtepunte uit die 2022-begrotingsrede
Die 2022-begrotingstoespraak is op Woensdag, 23 Februarie 2022, deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gelewer. Hiermee volg ‘n oorsig van sommige van die hoogtepunte: Belastingkortings sal in ooreenstemming met inflasie aangepas word. Die verandering in die primêre korting verhoog die belastingvrye drempel van R87 300 (in 2021) tot R91 250 vir belastingbetalers jonger as […]
Voorwoord
Februarie is pas agter die rug… Ons het ‘n maand oorleef wat gewoonlik gepaard gaan met die betaal van belasting, vrae oor die aanwending daarvan en dan ook die begrotingsrede vir die komende jaar. Minister Enoch Godongwana het sy eerste begrotingsrede gelewer en in teenstelling met die algemene verwagting dat belastingkoerse in Suid-Afrika verhoog sal […]
ASL Personeelnuus
Oor die afgelope jaar het ons interne fokus op organisasiestruktuur ten doel gehad om te verseker dat die firma se strukture ons kliënte se behoeftes ten volle ondersteun. Gevolglik is ons trots om aan te kondig dat ons twee nuwe Afdelingsbestuurder-rolle in die Ouditafdeling en Besigheidsoplossings-afdeling (wat bestaan uit die Rekeningkunde, Maatskappy Sekretariële en Salarisadministrasie-departemente) […]
Die kritieke vaardigheid van selfleierskap in ‘n moderne en vinnig veranderende werkswêreld
Die moderne werkplek is ‘n omgewing wat voortdurend verander en vereis dat werknemers en organisasies hul vaardighede konstant moet innoveer en aanpas om vorentoe te beweeg. ‘n Aanhaling oor die toekoms van werk lui: “Op die pad na die toekoms is daar bestuurders, passasiers en diegene wat agtergelaat word”. Met ander woorde, daar is werknemers […]
Voorwoord
Die jaar is besig om verby te snel en ons is bykans in die laaste kwartaal van 2021. Ons wens elkeen sterkte en voorspoed toe met daardie laaste take wat nog afgehandel moet word voor die meeste van ons ʼn welverdiende ruskans geniet en op 2021 reflekteer. Soos sommige van julle reeds van bewus mag […]
Voorwoord
“Winter, a lingering season, is a time to gather golden moments, embark upon a sentimental journey and enjoy every idle hour” – John Boswell Met die naderende winterseisoen wat ons bekruip is dit die ideale geleentheid om ‘n bietjie stiller te word en die knusheid en geborgenheid van die seisoen te geniet terwyl ons ons […]
Nuwe veranderinge aan eFiling
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens(SAID) het onlangs hul proses rakende die oordrag van belastingtipes tussen verskillende eFiling-profiele opdateer (byvoorbeeld van uself na ‘n belastingpraktisyn, of tussen verskillende belastingpraktisyns). Die mees algemene belastingtipes is inkomstebelasting, Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) en Werknemersbelasting (LBS). Met die bogenoemde veranderinge is dit belangriker as ooit om te verseker dat u geregistreerde […]