Skip to main content

ASL – Expert Accounting Services

Bestorwe boedels en hul verskeie belastingimplikasies

Suid-Afrikaanse belastinginwoners is verseker van vier dinge in die lewe: belasting, beurtkrag, die dood, en meer belasting. Belasting is onvermydelik. Dit is van uiterste belang dat ‘n mens die verskillende belastings verstaan wat op ‘n bestorwe boedel van toepassing is (en aan ‘n persoon wat oorlede is) om te verseker dat behoorlike beplanning en oorweging […]

Nuus van ASL personeel en ontwikkeling

ASL verwelkom graag ons nuwe personeel en wens die volgende persone geluk wat bestuurs- en konsultasie rolle aangeneem het by die ASL groep. Nadia Auret is bevorder van assistent-bestuurder na kliënte bestuurder in die Oudit- en Gerustellings-afdeling vanaf Junie 2021. Nadia, wie haar BRek en BRek Honneurs grade verwerf het vanaf Universiteit Stellenbosch, het by […]

Nuus van ASL personeel en ontwikkeling

Frances Burger, wat in Junie 2019 as Regskonsultant by ASL Advisory aangesluit het, is in Januarie 2021 tot Assosiaat bevorder. Sy het haar meestersgraad in Belasting deur Stellenbosch Universiteit voltooi en is aangewys as die Belastingtesis-wenner in ‘n kompetisie wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPR) aangebied word. In haar rol as Assosiaat […]

Is ‘n handgeskrewe testament geldig?

‘n Testament moet te alle tye voldoen aan die formaliteite van ‘n geldige testament soos omskryf in artikel 2 van die Wet op Testamente 7 van 1953. Die formaliteite sluit onder andere in: Die testament moet op skrif wees, hetsy handgeskrewe of getik. Die testament moet op elke bladsy onderteken word deur die testateur/testatrise en […]

COVID-19 TERS: Waar is ons nou?

Een van die vernaamste verligtings-maatstawwe wat gedurende 2020 beskikbaar gemaak is ten einde hulp te verleen aan werkgewers en werknemers wat deur die COVID-19 pandemie geaffekteer is, was die Temporary Employer-Employee Relief Scheme, beter bekend as TERS. Hierdie verligting was beskikbaar gestel op die 26ste Maart 2020 en sedertdien was besighede (en individue) wat aan […]

2021 Begrotingsrede: Wat jy moet weet

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het op 24 Februarie 2021 sy derde Nasionale Begrotingsrede gelewer. Dit was sy eerste jaarlikse begrotingsrede sedert die begin van die COVID-19-pandemie. In 2020 was die Minister se boodskap, “Ons ekonomie het voorheen gewen, en dit sal weer wen.” In 2021 het hy weer bevestig dat daar rede is […]

Voorwoord

“Stay committed to your decisions, but stay flexible in your approach” – Tony Robbins Dis vir ons ‘n besonderse voorreg om aan die begin van ‘n nuwe jaar ons eerste nuusbrief te publiseer. Na ‘n buitengewone 2020, wat sonder twyfel verskeie aanpassings van die meeste van ons geverg het, was die aanbreek van 2021 amper […]

Spesiale aanbod: Is jou familie gewaarborg tot sekerheid?

In die warboel van die COVID-19 pandemie is die wêreld steeds in onsekerheid gehul. Dit blyk ook dat die pandemie nie binnekort tot ‘n einde gaan kom nie. Daarom, veral in tye soos die, is dit noodsaaklik om sekerheid te midde die onsekerheid te vind deur ‘n geldige testament op te stel. Is jou familie […]

Logboeke vir individue en dieselrabatte vir boerderye

Vereistes vir ‘n geldige Logboek Individue Die 2020 belastingseisoen het amptelik op 1 September 2020 oopgemaak en daar word van individuele belastingbetalers vereis om hulle inkomstebelastingopgawes teen die onderstaande  sperdatums in te dien: Nie-voorlopige belastingbetalers 1 September 2020 tot 16 November 2020 Voorlopige belastingbetalers 1 September 2020 tot 29 Januarie 2021 Menigte belastingbetalers ontvang ‘n […]

Nasionale Tesourie publiseer konsep belasting wysigings

Die konsep Wysigingswet op Belastingwette van 2020 (TLAB) en die konsep Wysigingswet op Belastingadministrasie van 2020 (TALAB), was deur Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) op 31 Julie 2020 gepubliseer. Hierdie konsep wetgewing hou verband met die konsep wysigings wat tydens die Begrotingsrede van 2020 deur die Minister van Finansies op 26 Februarie 2020 […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X