Nuus van ASL personeel en ontwikkeling

Is ‘n handgeskrewe testament geldig?
March 25, 2021
Is your Last Will testament to your last wishes?
April 19, 2021
Kliek hier vir ENGLISH

Frances Burger, wat in Junie 2019 as Regskonsultant by ASL Advisory aangesluit het, is in Januarie 2021 tot Assosiaat bevorder. Sy het haar meestersgraad in Belasting deur Stellenbosch Universiteit voltooi en is aangewys as die Belastingtesis-wenner in ‘n kompetisie wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPR) aangebied word. In haar rol as Assosiaat staan sy steeds aan die hoof van regskonsultasie in ASL Advisory en sal sy ook saam met Jan Louis Koen, Belastingbestuurder, die professionele diensaanbod ten opsigte van belastingkonsultasie by die ASL-groep verder uitbrei.

Ineke Siemens, wat die afgelope vyf jaar vir die ASL-groep werk, is in Januarie 2021 tot die pos van Afdelingsbestuurder in die Afdeling Oudit- en Versekeringsafdeling bevorder. Ons sien uit na die rol wat sy vorentoe by die firma sal speel.

Nadia Auret en Silja Kiessling, wat hul Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) opleidingskontrakte gedurende 2020 voltooi het, gaan voort met hul loopbane in die hoedanigheid van Assistentbestuurders in die Oudit- en Versekeringsafdeling. Ons is trots op die ontwikkeling en opleiding van alle  ASL-personeellede, wat hulle in staat stel om in hul onderskeie rolle te funksioneer.

Benewens hierdie verwikkelinge het Ryan Slabbert ook in Oktober 2020 by ASL aangesluit as ‘n Assistentbestuurder in die Oudit- en Versekeringsafdeling, en Carita  Moolman het in Maart 2021 as Assistentbestuurder in die Belastingnakomingsafdeling aangesluit.

Hiermee wil ons 20 nuwe Leerling-Rekenmeesters verwelkom wat in Januarie 2021 by die ASL-groep in die Oudit en Versekering- en Besigheidsoplossingsafdelings aangesluit het.

Heide Nel, Marieke Diener, Ehren  Jacobs, Anna-Mart Du Plessis, Elma Coetzee, Casper  Gous en Franco Janson, wat hul onderskeie grade aan Stellenbosch Universiteit verwerf het, voltooi hul opleidingskontrakte om oor die volgende drie jaar as Professionele Rekenmeesters by die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA) en as Bestuursrekenmeesters by die Geoktrooieerde Instituut vir Bestuursrekenmeesters (CIMA) te registreer. Verder gaan René  Rall en Bianca van  Dyk, wat aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer het, hul SAIPA-opleidingskontrakte voltooi.

Candice Behrens en Esna de Kock van Stellenbosch Universiteit, Ian Jacobs van die Universiteit van Pretoria, asook Frans Kruger,  Esrie  Janse  van Rensburg,  Siané  Willemse,  Niel de Bruin,  Dashane  Conradie, Freddie Lubbe, Casper Fick en Joné Visser van die Noordwes-Universiteit gaan hul opleidingskontrakte vir professionele registrasie in die onderskeie kategorieë as Geoktrooieerde Rekenmeesters (CA (SA)) en Geassosieerde Algemene Rekenmeesters Geassosieerde Algemene Rekenmeesters a(AGA) by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) voltooi.

AKADEMIESE PRESTASIES

ASL wil graag die volgende individue gelukwens met hul uitsonderlike akademiese resultate.

UNISA Honneursgraad Sertifikaat van Teorie van Rekeningkunde (CTA) 2020

Ryan Slabbert & Danielle Cronje

CIMA Strategiese Gevallestudie 2020

Ingrid Coetzee & Cherie Zoghby

SAIPA Raadseksamen 2020

Jean-Pierre du Toit, Deirdre Payne & Zané Smit

SAIGR AANVANKLIKE TOETS VAN BEVOEGDHEID 2021

Ons beste wense gaan uit aan ons  personeellede wat in April 2021 die SAIGR se Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ITC) onderneem.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X