Kliek hier vir ENGLISH
Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het op 24 Februarie 2021 sy derde Nasionale Begrotingsrede gelewer. Dit was sy eerste jaarlikse begrotingsrede sedert die begin van die COVID-19-pandemie. In 2020 was die Minister se boodskap, “Ons ekonomie het voorheen gewen, en dit sal weer wen.” In 2021 het hy weer bevestig dat daar rede is vir hoop in Suid-Afrika se “veel-verbeterde ekonomiese vooruitsig.” Die Minister het standvastig gebly om die fiskale huis van die staat in orde te kry. Minister Mboweni sê belastingverhogings sal “tot ‘n minimum beperk word namate ons, ons openbare finansies stabiliseer”.
- Persoonlike inkomstebelasting het R482 biljoen tot die totale belastinginvorderings van R1.2 triljoen (40% van die totale belastinginkomste) bygedra.
- Die persoonlike inkomstebelastingtabelle asook die primêre, sekondêre, en tersiêre kortings sal ‘n bo-inflasie-verhoging van 5% sien. Die verandering in die primêre korting verhoog die belasting-vrye-drempel vanaf R83 100 (in 2020) tot R87 300 vir belastingbetalers jonger as 65 jaar.
- Belastingtabelle vir individue vir die jaar van aanslag wat op 28 Februarie 2022 eindig, sal soos volg wees:
Belasbare inkomste (R) |
Belastingkoerse (R) |
1 – 216 200 |
18% van belasbare inkomste |
216 201 – 337 800 |
38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200 |
337 801 – 467 500 |
70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800 |
467 501 – 613 600 |
110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500 |
613 601 – 782 200 |
163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600 |
782 201 – 1 656 600 |
229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200 |
1 656 601 en hoër |
587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600 |
- Daar sal ‘n toename in die waarde van mediese belastingkrediete in 2021/22 wees, wat van R319 tot R332 per maand vir die eerste twee begunstigdes styg, en van R215 tot R224 per maand vir elke addisionele begunstigdes.
- Die jaarlikse vrystelling op rente verdien deur individue jonger as 65 jaar (R23 800) en vir individue 65 jaar en ouer (R34 500) bly dieselfde.
- Die jaarlikse bydrae perke tot belastingvrye spaarrekeninge bly R36 000.
- Sogenaamde sonde-belasting op tabak en alkohol is met 8% verhoog.
- Brandstofheffings sal met 27 sent per liter styg:
- 15 sent per liter vir die algemene brandstofheffing;
- 11 sent per liter vir die Padongelukkefondsheffing; en
- 1 sent per liter vir die koolstof-brandstofheffing
- Die volgende tariewe bly onveranderd:
- BTW teen 15%;
- Korporatiewe inkomstebelasting teen 28% en dividend-weerhoudingsbelasting teen 20%;
- Alle insluitingskoerse vir Kapitaalwinsbelasting; en
- Rente en tantieme weerhoudingsbelasting teen 15%
- Hoewel dit nie voorgestel is om in die huidige jaar in werking te tree nie, is daar ‘n voorstel vir ‘n afname in die korporatiewe inkomstebelastingkoers tot 27% vanaf 1 April 2022.
Hierdie lys is nie volledig nie. U is welkom om ASL se elektroniese belastingsgids van ons webwerf af te laai, KLIK HIER
Laai die volledige opsomming HIER af**
Kry die visuele hoogtepunte HIER**
Vir meer inligting kan u ons kontak by 021 840 1600 of tax@asl.co.za