News from ASL People and development
March 24, 2021
2021 Begrotingsrede: Wat jy moet weet
March 25, 2021
Kliek hier vir ENGLISH

“Stay committed to your decisions, but stay flexible in your approach” – Tony Robbins

Dis vir ons ‘n besonderse voorreg om aan die begin van ‘n nuwe jaar ons eerste nuusbrief te publiseer.

Na ‘n buitengewone 2020, wat sonder twyfel verskeie aanpassings van die meeste van ons geverg het, was die aanbreek van 2021 amper soos ‘n geskenk wat oopgemaak kon word: vol afwagting op watter lekker bederf binne die pakkie vir ons wag. Ons het reeds ‘n stukkie bederf ervaar met die begrotingsrede wat deur Minister Tito Mboweni op 24 Februarie gelewer is, deurdat daar geen noemenswaardige verhoging in belastingkoerse aangekondig is soos wat die algehele verwagting was nie. Mag hierdie brokkie goeie nuus die voorloper wees van nog verskeie wat deur die loop van die jaar sal volg.

Saam met die verwagting dat 2021 ‘n goeie jaar sal wees, moet ons egter ongetwyfeld nog steeds realisties wees en teenoor mekaar erken dat hierdie jaar nie sonder uitdagings sal wees nie. Ekonomiese herstel in ons land moet prioriteit geniet en elke besigheidseienaar het dus ‘n reuse verantwoordelikheid om ‘n bydrae tot daardie herstel te lewer. As 2020 ons net een ding kon leer is dit dat niks in klip vasgemessel is nie; dat dinge in ‘n oogwink handomkeer kan verander. Daarom is dit soveel te meer belangrik dat ons ons doelwitte vir 2021 met die nodige aanpasbaarheid en veerkragtigheid najaag.

Mag 2021 vir elke kliënt, kennis en vriend van ASL ongekende groei en voorspoed inhou. Saam kan ons die ondenkbare bereik en dit is ons wens dat elke besigheid sal floreer — jul sukses is ons inspirasie.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X