Business valuations – When and why will you need one
September 20, 2021
ASL Staff News
September 20, 2021
Click here for ENGLISH

Oor die afgelope jaar het ons interne fokus op organisasiestruktuur ten doel gehad om te verseker dat die firma se strukture ons kliënte se behoeftes ten volle ondersteun. Gevolglik is ons trots om aan te kondig dat ons twee nuwe Afdelingsbestuurder-rolle in die Ouditafdeling en Besigheidsoplossings-afdeling (wat bestaan uit die Rekeningkunde, Maatskappy Sekretariële en Salarisadministrasie-departemente) ingestel het, wat verantwoordelikheid vir die operasionele bestuur van hul onderskeie afdelings sal aanneem. Sodoende word Kliëntebestuurders bemagtig om ‘n meer aktiewe en direkte rol te lewer in uitmuntende kliëntedienslewering en hoë gehalte van werk.

Ons het reeds in ons Kwartaal 2 nuusbrief aangedui dat Ineke Siemens bevorder is na die rol van Afdelingsbestuurder in die Ouditafdeling, en is trots om met julle te deel dat Bianca Veldsman ook intussen by die ASL Groep aangesluit het as Afdelingsbestuurder in die Besigheidsbestuur-afdeling. Bianca, wat oorspronklik van die Durbanville en daarna Helderberg omgewing kom, het haar BRek graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna haar BRek Honneursgraad deur UNISA voltooi. Na afloop van haar SAICA klerkskap en verkryging van waardevolle bestuurservaring het sy in Mei 2021 by ASL aangesluit as Bestuurder. Sedertdien het Bianca haarself reeds diep in die afdeling gevestig en voeg reeds onskatbare waarde by in haar rol.

Nadia Auret, CA(SA), wat gedurende 2020 haar SAICA klerkskap by ASL voltooi het en aangestel was as Assistentbestuurder in die Ouditafdeling, is met ingang 1 Julie 2021 bevorder na die posisie van Kliëntebestuurder. Ons weet dat Nadia haar uitstekend van haar taak gaan kwyt in hierdie nuwe rol.

ASL het ook gedurende Junie 2021 afskeid geneem van Debbie Cloete, een van die Kliëntebestuurders in die Rekeningkunde-departement van ons Besigheidsoplossings-afdeling, weens ‘n geleentheid wat sy buite-praktyk ontvang het. Willie Hanekom, wat sy SAIPA klerkskap by ‘n soortgelyke rekeningkundige firma begin het, het intussen by ASL aangesluit as opvolger in hierdie rol. Willie, wie oorspronklik van die Suid-Kaap heet, het sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en daarna in die Wynland aangebly. Hy gryp reeds die nuwe rol ten volle aan en maak ‘n waardevolle bydrae tot die ASL Groep, meer spesifiek die afdeling waarin sy kliënteportefeulje setel.

Ons wens hiermee vir Frances Burger, Assosiaat by ASL Advisory, en haar man, Hanno, geluk met die verwelkoming van hul eersteling, Charlotte. Charlotte het haar ouers ietwat vroeër as verwag kom verras met haar koms. Ons weet dat sy soveel liefde en vreugde tot hul lewens gaan byvoeg.

Na bykans 10 jaar by die ASL Groep, groet die ASL Advisory span vir Cherilee Lötter in Oktober 2021. Cherilee het ‘n opwindende geleentheid in die privaatsektor ontvang en beoog om dus haar vaardighede verder buite-praktyk uit te brei. Cherilee het ongelooflike waarde tot die ASL Groep toegevoeg oor die afgelope vier jaar in haar onderskeie rolle in die Ouditafdeling sowel as Konsultant in Advisory. Ons wens haar alle voorspoed toe met die nuwe fase van haar loopbaan.

Ons is verder opgewonde om aan te kondig dat Francois Botha en Danielle Cronje in Januarie 2022 by die ASL Advisory-span sal aansluit. Francois, wat van die Oos-Kaap, naby Graaff-Reinet, af kom en sy studies aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het, en Danielle, wat van Kimberley af kom en aan die Noordwes-Universiteit studeer het, sal teen die einde van vanjaar hul SAIGR-opleidingskontrakte in die ASL Ouditafdeling voltooi. Danielle het in 2020 ook haar Honneursgraad (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde) deur UNISA voltooi en is geregistreer om die finale raadseksamen in Desember 2021 te skryf om sodoende as Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) te kan registreer. Francois het die afgelope drie jaar sy tegniese kennis deur CIMA-studies bevorder om in die toekoms as bestuursrekenmeester te registreer. Hul kennis van ons kliëntegroepe, sowel as hul toewyding en strewe om hul onderskeie vaardighede te bevorder, sal van groot waarde vir ons ASL Advisory-kliënte wees. Ons weet dat hulle ons diensaanbod verder sal bevorder deur die nodige tegniese insette en strategiese rigting aan alle kliënte te verskaf.

Akademiese prestasies:

Ons wens hiermee die volgende personeel geluk met hul uitnemende akademiese vordering:

Die volgende personeel het die eerste SAICA raadseksamen, tans bekend as die Initial Test of Competence (ITC), suksesvol voltooi:

Ryan Slabbert
Carita Moolman
Danielle Cronje
Niel du Bruin
Esrie Janse van Rensburg
Candice Behrens
Esna de Kock
Joné Visser

CIMA Strategiese Vlak Gevallestudie

Arline Luiters, wat haar akademiese komponent van die CIMA kursus voltooi het.

Ons wens ook al die tweede- en derdejaar CIMA studente sterkte toe wat gedurende Augustus die finale gevallestudie op strategiese vlak sal afhandel.

Sterkte met die eksamens!

Verskeie personeellede sal gedurende die komende maande hul finale akademiese eksamens aflê. Ons wens almal voorspoed toe met die voorbereiding. Jul toewyding en harde werk gaan nie ongesiens verby nie.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X