Skip to main content

ASL – Expert Accounting Services

Voorgestelde wysiging aan die effektiewe datum van “MOI”-wysigings

  Die Wysigingswetsontwerp op Maatskappye, 2021 (“die Wetsontwerp”), wat poog om sekere bepalings van die Maatskappywet (“die Wet”) te wysig, is gedurende Oktober 2021 vir openbare kommentaar gepubliseer. Een van die mees noemenswaardige wysigings wat deur die Wetsontwerp voorgestel word, is die voorgestelde wysiging aan die effektiewe datum van wysigings aan ‘n Akte van Oprigting […]

Met waardering neem ons afskeid van Arnold Scholtz

Steve Jobs het gesê, “It is only when you look back on your life, that you can connect all the dots and see how they led you to where you are today.”Na meer as 2 dekades in praktyk as deel van die ASL Groep het Arnold besluit dat die tyd reg is om sy ander […]

Voorwoord

Terwyl ons die laaste kwartaal van 2022 aanpak, wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om as ‘n besigheid stil te staan – om met dankbaarheid, wysheid en insig oor die afgelope paar maande te reflekteer, en om met hoop en afwagting na die toekoms te kyk, standvastig in wie ons is.Met hierdie refleksie kom […]

ASL Personeelnuus

ASL verwelkom die volgende nuwe personeellede wat die afgelope paar maande in verskeie departemente by die firma aangesluit het. Willrene Nero, van Porterville, het in April 2022 by ASL as rekenmeester aangesluit in die besigheidsoplossingsafdeling. Sy het in 2021 haar graad in BCom Finansiële Rekeningkunde deur UNISA voltooi. Verder het Nadine Stander in Mei 2022 […]

Die belangrikheid van internetbankkontroles

Ons ondervind gereeld by ons kliënte, en veral by kleiner organisasies, dat bestuur van mening is dat dit nie koste-effektief of nodig is om omvattende kontroles in plek te hê nie. Dit is egter gewoonlik in daardie situasies waar bestuur ‘n groot mate van vertroue op die boekhouer of rekenmeester plaas, waar bedrog geneig is […]

Tuiskantoortoelaes: Die effek op kapitaalwinsbelasting

Die eerste R2 miljoen van ‘n kapitaalwins of -verlies met die verkoop van ‘n primêre woning moet vir kapitaalwinsbelastingdoeleindes (KWB-doeleindes) buite rekening gelaat word. Dit beteken dat indien die opbrengs ten opsigte van die verkoop van ‘n primêre woning R2 miljoen of minder is, die kapitaalwins buite rekening gelaat moet word. Indien ‘n primêre woning […]

Voorwoord

Die voortgesette konflik tussen Rusland en Oekraïne, die impak van COVID-19 en die Amerikaanse monetêrebeleidsoorsig, is van die vele faktore wat wêreldmarkte in die tweede kwartaal van hierdie jaar beïnvloed het. Suid-Afrikaanse verbruikers het swaargekry weens faktore soos hoë inflasie, verhoogde brandstofpryse en verminderde beleggingsopbrengste. Wanneer tye soos hierdie opduik, word die Benjamin Franklin-aanhaling “out […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X