Tydens die 2022-begrotingsrede, het die Minister van Finansies aangekondig dat die korporatiewe belastingkoers van 28% tot 27% verlaag sal word met effek op jare van aanslag wat op of na 31 Maart 2023 eindig.
Terwyl die verlaging in die korporatiewe belastingkoers verwelkom word en gevolglik Suid-Afrika tot ‘n mate in ooreenstemming met die internasionale standaard bring, het dit nie sonder ‘n koste gekom nie.
Vir jare van aanslag wat op of na 31 Maart 2023 eindig, word ‘n beperking geplaas op die aangeslane verlies wat deur ‘n maatskappy oorgedra word wat beskikbaar sal wees vir verrekening teen belasbare inkomste. Die aangeslane verlies beskikbaar vir verrekening teen belasbare inkomste sal dan beperk word tot die hoogste van:
Byvoorbeeld, Maatskappy A het belasbare inkomste van R600 voordat die opgehoopte aangeslane verliese van R1 000 verreken word. Die opgehoopte aangeslane verlies oorskry 80% van die belasbare inkomste. Gevolglik mag Maatskappy A slegs R480 (80%) van die opgehoopte aangeslane verlies gebruik en sal belasting teen 27% op die belasbare inkomste van R120 betaal. Die balans van die aangeslane verlies sal na die volgende jaar van aanslag oorgedra word.
Dit beteken dat die Nasionale Tesourie belasting sal kan invorder, ongeag of die maatskappy in ‘n netto aangeslane verlies posisie is.
Die klein-, medium-, en mikro-ondernemingsmark (KMMO-mark) is egter ietwat beskerm deurdat aangeslane verliese onder R1 miljoen nie deur die verrekeningsbeperking geraak sal word nie.
Belastingbetalers moet die impak van hierdie nuwe beperkingsreël noukeurig op die impak van hul maatskappy se kontantvloei ondersoek, maar ook in die skatting van hul voorlopige belasting, om onnodige boetes en rente te vermy.
Kontak gerus vir Frances Burger op frances@asl.co.za of Jan Louis Koen op janlouis@asl.co.za vir enige verdere navrae.