Een van die mees noemenswaardige wysigings wat deur die Wetsontwerp voorgestel word, is die voorgestelde wysiging aan die effektiewe datum van wysigings aan ‘n Akte van Oprigting (“Memorandum of Incorporation” of “MOI”) van ‘n maatskappy.
Die effektiewe datum van MOI-wysigings is ‘n onderwerp van debat in die praktyk, wat gelei het tot ‘n mate van onsekerheid oor wanneer sulke wysigings in werking tree.
Die Wet, soos dit tans lui, bepaal dat ‘n wysiging aan ‘n maatskappy se Akte van Oprigting, behalwe vir ‘n wysiging wat die naam van ‘n maatskappy verander, in werking tree op—
In die praktyk word daar soms geargumenteer dat die wysiging in werking tree op die datum wat die wysiging by die CIPC ingedien word (mits dit natuurlik daarna deur die CIPC aanvaar word). Aan die ander kant, word daar soms geargumenteer dat die wysiging in werking tree op die dag wat die CIPC die wysiging aanvaar en ‘n formele kennisgewing van wysiging tot daardie effek uitreik, ongeag wanneer die wysiging ingedien is.
Die Wetsontwerp poog om hierdie onsekerheid op te klaar deur voor te stel dat ‘n wysiging aan ‘n MOI in werking tree—
Dit is van kardinale belang dat maatskappye op hoogte bly van die voorgestelde wysigings aan die Wet, aangesien hierdie wysigings poog om belangrike wysigings en verbeteringe aan die Wet aan te bring.
Kontak ons gerus by pty@asl.co.za vir enige verdere navrae.