Die voortgesette konflik tussen Rusland en Oekraïne, die impak van COVID-19 en die Amerikaanse monetêrebeleidsoorsig, is van die vele faktore wat wêreldmarkte in die tweede kwartaal van hierdie jaar beïnvloed het. Suid-Afrikaanse verbruikers het swaargekry weens faktore soos hoë inflasie, verhoogde brandstofpryse en verminderde beleggingsopbrengste.
Wanneer tye soos hierdie opduik, word die Benjamin Franklin-aanhaling “out of adversity comes opportunity” dikwels aangehaal, maar hoe gereeld sien ons eintlik die spreekwoordelike silwer randjie?
Hierdie nuusbrief dek onderwerpe soos verhoudingsintelligensie, korporatiewe belastingontwikkelings en die uitkontraktering van sekere finansiële bestuursfunksies. Die inligting vervat in hierdie artikels sal beslis waarde toevoeg – hetsy vir jou as individu of vir jou organisasie of besigheid.
Jy sal vind dat deur ‘n bietjie tyd eenkant te sit om van hierdie artikels deur te lees, dit kan help om daardie ontwykende silwer randjie raak te sien.
Ons wens jou voorspoed toe vir die res van 2022. Indien jy graag ons perspektief op jou situasie wil kry, is jy welkom om direk na enige van ons senior spanlede uit te reik of jy kan die kontakbladsy op ons webwerf besoek.
Vriendelike groete
ASL