Dit is vir ons hiermee aangenaam om te bevestig dat Ryan Slabbert en Jan Odendaal, wat beide as assistentbestuurders in die oudit-en-gerusstellingsafdeling gewerk het, tot kliëntebestuurders bevorder is. Ryan, wat onlangs sy finale raadseksamen as Geoktrooieerde Rekenmeester voltooi het, werk sedert 2020 by die firma en is tot kliëntebestuurder in ons besigheidsoplossingsafdeling bevorder. Jan, wat ook reeds sedert 2020 in diens van die ASL groep is, is bevorder tot kliëntebestuurder in die oudit-en-gerusstellingsafdeling. Ons sien uit na die rol wat beide van hulle as bestuurders by die firma sal speel.
Jeanne Le Roux is afkomstig van Somerset-Wes en het haar LLB-graad in 2018 aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy het daarna haar klerkskap voltooi en is in 2020 as prokureur toegelaat. Sy het in Januarie 2022 by ASL se Korporatiewe Beheer-afdeling as Korporatiewe Beheer-beampte aangesluit. Verder het Dornaye Volkwyn in Oktober 2021 by ASL as boekhouer/rekenmeester aangesluit. Dornaye kom van die Strand af en het haar BCom-graad in Finansiële Rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit verwerf.
Danielle Cronje en Francois Botha het beide hul SAIGR klerkskap in 2021 by ASL voltooi en is tot rekenkundige konsultante in ASL Advisory bevorder. So ook, het Simoné Schmidt haar SAIGR klerkskap in 2021 voltooi en werk sy tans as assistentbestuurder in die oudit-en-gerusstellingsafdeling. Dit is werklik ‘n voorreg om te sien hoe die personeel groei en ontwikkel om verdere geleenthede by die firma te betree.
ASL is baie opgewonde om die 2022-groep van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters- (SAIGR), Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters- (SAIPR) en Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) klerke voor te stel. Ons het hierdie jaar ‘n groot groep wat hul kwalifikasies aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, sowel as aan die Universiteit van Stellenbosch (SU) en Universiteit van die Vrystaat (UVS) behaal het.
Hiermee die SAIGR personeel van links na regs:
Janri Alberts (BCom-honneurs in Finansiële Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Springs), Robyn van der Westhuizen (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (UVS), afkomstig van Mosselbaai), Carla Beyleveldt (BCom-honneurs in Finansiële Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Upington), Daniel Brunette (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Lichtenburg), Tanja Barnard (BCom-honneurs in Finansiële Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Bredasdorp, Zirk Jansen (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (SU), afkomstig van Kimberley), Nadia Paulse (BCom-honneurs in Finansiële Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Phalaborwa), Eric Segal (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (SU), afkomstig van die Weskus), Willemien Bester (BCom-honneurs in Finansiële Rekeningkunde (NWU), afkomstig van Upington) en Isabella Maritz (Sertifikaat in Teorie van Rekeningkunde (SU), afkomstig van die Upington).
Hiermee die SAIPR / CIMA personeel van links na regs:
Alita de Villiers (BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (SU), afkomstig van Stellenbosch), Sané Stoman (BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (NWU), afkomstig van Kroonstad), Adrian Louw (BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (SU), afkomstig van Vredenburg), JW De Jager (BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (NWU), afkomstig van Frankfort), Andries Mulder (BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (NWU), afkomstig van Bloemfontein), Charissa Stander (BCom-honneurs in (NWU), afkomstig van Komatipoort), Annemika Kearney ((BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (SU), afkomstig van Paarl). Uitgesluit van die foto is Tanya Deacon ((BCom-honneurs in Bestuursrekeningkunde (NWU), afkomstig van Somerset West).
Reinhard Sieberhagen, wat deel word van ons direksie, het groot geword in Parys, Vrystaat. Hy het aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer, waar hy onderskeidelik in 2011 en 2012 sy BRek-graad en Honneursgraad in Finansiële Rekeningkunde verwerf het. Reinhard het ook in 2015 ‘n Nagraadse Diploma in Toegepaste Rekeningkundige Wetenskappe aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf, waarna hy sy klerkskap by ASL voltooi het.
GJ Kemp betree in die nuwe jaar sy posisie as assosiaat. GJ is gebore in Noordwes en het ook aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer, waar hy in 2015 sy BCom-Honneursgraad verwerf het. Hy het in 2016 by ons span aangesluit en sy klerkskap in 2018 by ASL voltooi.
Beide Reinhard en GJ is lede van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en die Onafhanklike Regulerende Raad van Ouditeure (IRBA). Die ASL Groep is trots daarop om die talente van hierdie buitengewone werknemers te bevorder en om hulle groei eerstehands te aanskou. Ons wens vir Reinhard en GJ geluk met hulle welverdiende sukses en wens hulle alle sterkte toe in hulle nuwe rolle.
Namens die hele span hier by ASL, wil ons vir julle almal ‘n verfrissende jaar vol nuwe groeigeleenthede en ambisieuse uitdagings toewens.