Skip to main content

ASL – Expert Accounting Services

Voorwoord

Welkom by 2026 – en by die eerste uitgawe van ons nuusbrief vir die jaar. Aan elkeen van ons kliënte en sakevennote wil ons ons opregte wense vir ’n voorspoedige, gebalanseerde en suksesvolle jaar oordra. Mag 2026 vir u ’n jaar wees van bestendige groei en volhoubare sukses. Ons sien daarna uit om voort te […]

ASL by Stellenbosch Universiteit loopbaandag 2025

Op 5 Augustus het ASL deelgeneem aan Stellenbosch Universiteit se jaarlikse loopbaandag, waar ons die geleentheid gehad het om met ’n dinamiese groep voornemende gegradueerdes te gesels wat gretig is om hul professionele loopbane te begin. Ons span het ook met talentvolle studente geskakel en insigte gedeel oor die opwindende SAIGR-, SAIPR- en CIMA-programme wat […]

Kubermisdadigers nou vlot in Afrikaans (met die hulp van kunsmatige intelligensie (“KI”))

Kuberveiligheidsbedreigings bly ‘n voortdurende risiko vir ondernemings van alle groottes. Skending van data, kwaadwillige sagteware aanvalle en uitvisskema’s (phishing), kan operasionele bedrywighede ontwrig, reputasieskade aanrig en tot aansienlike finansiële verliese lei. Doeltreffende defensiewe kuberveiligheidstrategieë behels die gebruik van tegnologie, prosesse en protokolle om ‘n organisasie se rekenaarnetwerke, toestelle en sensitiewe data teen kwaadwillige aanvalle te […]

Voorwoord

Die derde kwartaal van 2025 is gekenmerk deur belangrike ekonomiese verwikkelinge wat die besigheidslandskap direk raak. Plaaslik het die Reserwebank se besluit om die repokoers met 25 basispunte te verlaag, ’n sterker rand en ’n effense afplatting in inflasie ’n mate van verligting aan ondernemings gebied. Die verbetering in elektrisiteitsvoorsiening en die hernude fokus op […]

2025 Belastingseisoen sperdatums en outomatiese aanslagprosesse en veranderinge

2025 Belastingseisoen sperdatums Die 2025-seisoen vir indiening van belastingopgawes vir indiviudue en trusts gaan op 7 Julie 2025 geopen word. Die kriteria en indieningsdatums is soos volg: Nie-voorlopige belastingbetalers wie outomaties aangeslaan sal word 7 Julie 2025 tot 20 Julie 2025 Nie-voorlopige belastingbetalers wat nie aanspreeklik is vir voorlopige belasting betalings nie en wie nie […]

ASL neem deel aan die Noordwes Universiteit se loopbaandag in Potchefstroom

Op 13 Mei het ASL met trots aan die jaarlikse loopbaandag van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus deelgeneem. Ons span het die geleentheid gehad om met ‘n energieke groep voornemende gegradueerdes te gesels – individue wat gereed is om hul loopbane met ywer aan te pak. Tydens die dag het ons waardevolle gesprekke gevoer met […]

Voorwoord

Waninformasie is waarskynlik een van die mees gebruikte woorde in die afgelope paar maande, en dit blyk selfs ons “KI”- of kunsmatige intelligensie-vriende sukkel om feite van fiksie te onderskei. Met dit in gedagte, het ons besluit om hierdie voorwoord menslik-geïnspireerd te hou – gegrond in werklike insigte en ervarings. Een tema wat deurlopend na […]

Navigasie van die Goedgekeurde Internasionale Oordrag (AIT) proses: Sleutelinsigte

Die Goedgekeurde Internasionale Oordrag (AIT) proses is die standaard meganisme vir beide inwoners en nie-inwoners vir belastingdoeleindes, wat goedkeuring benodig om fondse na die buiteland te eksternaliseer. Aangesien hierdie proses sentraal bly tot internasionale fondsoordragte, neem ons die geleentheid om die sleutelaspekte van AIT en die benadering wat belastingbetalers moet volg wanneer hulle ‘n aansoek […]

Nuwe assosiate by die ASL Groep

Ons is trots om die aanstelling van drie nuwe assosiate in die ASL Groep aan te kondig. Hul toetrede tot ons span versterk ons verbintenis tot uitnemendheid en professionele diens aan ons kliënte. Desireé Malherbe het haar BRek- en BRekHons-grade aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf voordat sy in 2017 haar klerkskap by ASL Groep […]

Wysigings in terme van die Maatskappywysigingswette, 2024

Met ingang 27 Desember 2024 het sekere dele van die Maatskappywysigingswet 16 van 2024, asook die volledige Maatskappy Tweede Wysigingswet 17 van 2024, in werking getree. Hieronder is ‘n opsomming van die belangrikste wysigings wat nou op alle maatskappye van toepassing is: Algemene Jaarvergaderings (AJV’s): Publieke maatskappye en staatsbeheerde maatskappye moet ‘n verslag van die […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X