Wysigings in terme van die Maatskappywysigingswette, 2024

2025 Budget speech – key tax and policy announcements
March 31, 2025
Amendments in terms of the Companies Amendment Acts, 2024
March 31, 2025

Click here for ENGLISH

Met ingang 27 Desember 2024 het sekere dele van die Maatskappywysigingswet 16 van 2024, asook die volledige Maatskappy Tweede Wysigingswet 17 van 2024, in werking getree.

Hieronder is ‘n opsomming van die belangrikste wysigings wat nou op alle maatskappye van toepassing is:

  • Algemene Jaarvergaderings (AJV’s): Publieke maatskappye en staatsbeheerde maatskappye moet ‘n verslag van die sosiale en etiekkomitee, sowel as ‘n vergoedingverslag, insluit. Verder moet daar ook tydens die AJV goedkeuring verkry word vir die aanstelling van die sosiale en etiekkomitee.
  • Wysigings aan die Akte van Oprigting (AO): Wysigings aan ‘n maatskappy se AO tree nou binne 10 werksdae na indiening by die Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) in werking, tensy ‘n latere datum deur die indiener verkies word of die CIPC die indiening binne die 10-dae periode goedkeur of verwerp. Dit beteken dat wysigings aan die AO nie terugwerkend dateer kan word nie.
  • Uitreiking van Aandele en Ooreenkomste: In die geval waar aandele uitgereik word, maar betaling nie dadelik geskied nie, moet die aandele oorgedra word aan ’n onafhanklike, derde party met geen belang in die maatskappy of inskrywende aandeelhouer nie. Sodanige aandeelhouding sal vervolgens reguleer word deur ’n ooreenkoms tussen die partye welke ooreenkoms ook sal stipuleer op watter stadium die aandele oorgedra word na die inskrywende aandeelhouer.

    Voor die bostaande wysiging het die wet stipuleer dat die aandele deur ’n “derde party” gehou moet word, onderhewig aan ’n “trust ooreenkoms”.  Die bostaande wysiging poog om enige onsekerheid rakende hierdie bepalings duideliker te definieer.

  • Finansiële Bystand binne ‘n Groep: Die bepalings van Artikel 45 is nie meer van toepassing op ‘n maatskappy wat finansiële bystand aan sy filiale verleen of ten bate daarvan nie. Hierdie verandering verminder die administratiewe las wat verband hou met finansiële bystand binne ‘n groep.
  • Terugkoop van Aandele: ’n Spesiale resolusie word nou vereis indien: (a) aandele van ‘n direkteur, voorgeskrewe beampte of ‘n persoon wat met hulle verband hou, teruggekoop word; of (b) die terugkoop van aandele nie deel is van ‘n pro-rata aanbod aan alle aandeelhouers van ‘n klas nie of nie op ‘n beurs deur ‘n genoteerde maatskappy gedoen word nie. Die vorige vereistes vir ’n onafhanklike deskundige verslag, waardasieregte, en ’n spesiale resolusie vir terugkope wat meer as 5% van die aandele in enige aandeleklas uitmaak, is nie meer van toepassing nie.

Voorgestelde Wysigings – Voordelige Eienaarskap Nakoming

Die voorgestelde wysigings tot die Wysigingswet op Algemene Wette (Teen-Geldwassery en Bekamping van Terrorisme Finansiering), 2022 wat in 2024 vir publieke kommentaar gepubliseer is, sluit voorgestelde wysigings aan die Maatskappywet in met betrekking tot voordelige eienaarskap. Maatskappye wat versuim om hul sekuriteite register of register van voordelige belang in te dien, kan nakomingskennisgewings van die CIPC ontvang. Nie-nakoming kan lei tot ‘n administratiewe boete van tot 10% van die maatskappy se omset vir die tydperk waarin die maatskappy versuim het om aan die nakomingskennisgewing te voldoen, of R10 miljoen, watter bedrag ook al die grootste is.

Vir verdere navrae oor hierdie wysigings, kontak gerus pty@asl.co.za.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X