Click here for ENGLISH

2025 Belastingseisoen sperdatums
Die 2025-seisoen vir indiening van belastingopgawes vir indiviudue en trusts gaan op 7 Julie 2025 geopen word. Die kriteria en indieningsdatums is soos volg:
| Nie-voorlopige belastingbetalers wie outomaties aangeslaan sal word |
7 Julie 2025 tot 20 Julie 2025 |
| Nie-voorlopige belastingbetalers wat nie aanspreeklik is vir voorlopige belasting betalings nie en wie nie outomatiese aanslae ontvang het nie |
21 Julie 2025 tot 20 Oktober 2025 |
| Voorlopige belastingbetalers |
21 Julie 2025 tot 19 Januarie 2026 |
| Trusts |
20 September 2025 tot 19 Januarie 2026 |
Outomatiese aanslagprosesse en veranderinge
Wie gaan ‘n outomatiese aanslag ontvang?
- Outomatiese aanslae sal aan belastingbetalers uitgereik word wie se belastingsake minder ingewikkeld is, en word gebaseer op derdepartydata wat ontvang is van werkgewers, mediese fondse, banke, aftree-annuïteitsfondse en ander instellings.
- Vanaf 7 Julie 2025 sal belastingbetalers wat vir hierdie jaar se outomatiese aanslagproses kwalifiseer, kan bevestig of hulle wél outomaties geassesseer was deur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se Aanlynnavraagdiensfunksionaliteit gebruik te maak of deur hier te kliek.
Wanneer word die outomatiese aanslag uitgereik?
- Belastingbetalers sal tussen 7 Julie 2025 en 20 Julie 2025 per SMS of e-pos in kennis gestel word indien hulle geselekteer is om ‘n outomatiese aanslag te ontvang.
Wat moet ek doen indien ek ‘n outomatiese aanslag ontvang?
- Belastingbetalers wat outomaties geassesseer word, moet hul outomatiese aanslae op eFiling Indien die aanslag korrek is, is geen verdere aksies nodig nie.
- Enige terugbetalings met betrekking tot die outomatiese aanslag behoort binne 72 uur na die uitreiking van die outomatiese aanslagbrief in u bankrekening gedeponeer word.
- Belastingbetalers wat outomaties geassesseer word, wat geld aan die SAID verskuldig is, en wat saamstem met die geassesseerde aanslag, moet die vereiste betaling maak voor die sperdatum soos aangedui op die outomatiese aanslag ITA34.
- Belastingbetalers wat nie saamstem met hul outomatiese aanslag nie, het tot 20 Oktober 2025 om ‘n gewysigde inkomstebelastingopgawe via eFiling in te dien.
Rig gerus enige navrae oor u outomatiese aanslag of die status van u inkomstebelastingopgawe vir 2025 aan tax@asl.co.za.