Ons is trots om die aanstelling van drie nuwe assosiate in die ASL Groep aan te kondig. Hul toetrede tot ons span versterk ons verbintenis tot uitnemendheid en professionele diens aan ons kliënte.
Desireé Malherbe het haar BRek- en BRekHons-grade aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf voordat sy in 2017 haar klerkskap by ASL Groep begin het. In 2019 is sy aangestel as assistant-bestuurder in ons oudit- en gerusstellingsafdeling. Nadat sy in 2020 as ’n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer het, is sy bevorder tot kliëntbestuurder. Desireé is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en is tans besig om by die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (IRBA) te registreer.
Ineke Siemens het haar BCom Honneursgraad in 2015 aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Haar professionele reis het by ASL Groep begin, waar sy haar klerkskap in 2018 voltooi het. In 2019 is sy bevorder tot assistant-ouditbestuurder, gevolg deur haar aanstelling as ‘n afdelingsbestuurder in ons oudit & gerusstelllingsafdeling sedert 2021. Ineke is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en ‘n gekwalifiseerde AGA(SA).
Jan Louis Koen het sy klerkskap by ASL in 2016 voltooi en is in 2017 bevorder tot bestuurder van ons belastingafdeling. Oor die jare het hy uitgebreide ervaring opgebou in sy werksaamhede met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en spesialiseer hy in belastingadministrasie en -nakoming. Jan Louis het ’n Nagraadse Diploma in Belasting van die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) en is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) en ’n gekwalifiseerde AGA(SA).
Met hul kundigheid, toewyding en vars perspektiewe sien ons uit na die waardevolle bydraes wat hulle tot die ASL Groep sal lewer.