In die begrotingsrede op 21 Februarie 2018, het die Minister van Finansies aangekondig dat die BTW koers vanaf 1 April 2018 van 14% na 15% gaan verander.
Hiermee ’n paar belangrike punte om van kennis te neem met hierdie BTW-koersverandering:
- Ons herinner u daaraan om vanaf hierdie datum u rekeningkundige stelsel só aan te pas om te verseker dat fakture wat teen die standaardkoers gelewer word, teen die nuwe koers uitgereik word.
- Indien u van Xero Accounting gebruik maak; hulle het ons reeds verseker dat die BTW-koers aanlyn deur hulle verander gaan word met effek vanaf 1 April 2018.
- Indien ons verantwoordelik is vir u onderneming se maandelikse rekeningkundige dienste en/of indiening van u BTW-opgawe, kan u gerus wees dat ons die korrekte BTW-koers sal toepas.
- Let ook daarop om u aankoopsfakture na te gaan en seker te maak dat die koersverandering ook daarop aangebring is, ten einde te verseker dat u die korrekte bedrag terugeis van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
‘n Gids wat die praktiese implikasies van die verandering in die BTW koers opsom, kan by die skakel afgelaai word HIER.
Indien u enige verdere navrae het, is u welkom om met ons rekeningkundige afdeling kontak te maak om die onduidelikheid uit te stryk.