Maak seker dat jou werknemers reddingsbaadjies het sodra hulle in die regte rigting begin roei…

The founder-led company growing as a worldwide scale business
June 4, 2018
Once your employees are rowing in the right direction, make sure they have lifejackets…
June 4, 2018

In ons April-uitgawe in die artikel getiteld  “Roei u werknemers in die regte rigting?” het ons bespreek hoe belangrik dit is om ’n betrokkenheidskultuur in ’n organisasie te ontwikkel. Die stelling is gemaak dat ’n kultuur van betrokkenheid slegs geskep kan word as leiers ’n groter begrip het van die sleutelfaktore wat betrokkenheidsvlakke versterk.

Dit is verder ook gestel dat ’n visie wat duidelik gedefinieer en gekommunikeer word en die instelling van die daaglikse take op die visie, noodsaaklik is om te verseker dat werknemers hulle pogings in die regte rigting  stuur (klik hier om die volledige artikel te lees).

’n Tweede faktor wat ’n bewese direkte invloed op betrokkenheidsvlakke het is Sielkundige Kapitaal.  As die visie verseker dat almal in die regte rigting roei is Sielkundige Kapitaal die reddingsbaadjie vir u werknemers, wat verseker dat hulle sal bly dryf ten spyte van onverwagte stroomversnellings wat hulle mag platslaan.

Sielkundige Kapitaal word omskryf as ’n individu se positiewe staat van ontwikkeling. Meer spesifiek is dit ’n versamelnaam vir vier positiewe konstrukte wat individue besit, naamlik Hoop, Doeltreffendheid, Veerkragtigheid en Optimisme.  Die aanwesigheid van hierdie vier konstrukte in individue is sterker verwant aan werknemerstevredenheid en prestasie as die individuele vier konstrukte (Hoop, Doeltreffendheid, Veerkrag en Optimisme) waaruit dit saamgestel is. Met ander woorde, die gesamentlike motiveringseffekte van die vier konstrukte het ’n  groter effek as enigeen van die individuele konstrukte.

Hoop behels twee komponente: die motivering om doelstellings te bereik (wilskrag) sowel as in staat wees om planne te beraam om hierdie doelstellings te bereik (“waypower”). Die gemotiveerde, volhardende strewe na doelstellings en proaktief-vasgestelde voetpaaie na die doelstellings, het ’n individu tot gevolg wat sterk toegewy is aan die doel wat nagestreef word.

Doeltreffendheid verwys na die selfvertroue om die nodige ywer aan die dag te lê om uitdagende take uit te voer. Dit is die oortuiging dat jy iets doeltreffend kan uitvoer. Individue wat oor hoë doeltreffendheidsvlakke beskik pas meer inspanning en energie toe om ’n taak te voltooi.

Veerkragtigheid is ’n individu se vermoë om teëspoed of selfs dramatiese positiewe gebeure te hanteer. Veerkragtige individue kan herstel en aanpas na ’n teleurstellende uitkoms, mislukking of positiewe gebeurtenis. Die resultaat van Veerkragtigheid is dus dat die individu betrokke sal bly in die taak wat uitgevoer word ten spyte van struikelblokke wat hy/sy mag teëkom in die strewe na ’n doel.

Optimisme word gedefinieer as ’n positiewe waardering van ’n persoon se maatskaplike of materiële toekoms. Eenvoudig gestel: optimiste verwag dat goeie dinge met hulle sal gebeur. Optimiste skryf positiewe uitkomste van gebeure toe aan interne, permanente oorsake en skryf negatiewe uitkomste van gebeure toe aan eksterne, tydelike oorsake. Met ander woorde, optimiste glo dat hulle verantwoordelik is vir die positiewe gebeure in hul lewens. In die algemeen sal die optimistiese werknemer voortgaan om te glo aan sy/haar positiewe potensiaal ten spyte van vorige ervarings.

Die beste nuus omtrent Sielkundige Kapitaal is dat, anders as sekere vaste persoonlikheidseienskappe, dit ontwikkel kan word.  Deur middel van opleidingsintervensies en ’n organisasiekultuur wat Hoop, Doeltreffendheid, Veerkragtigheid en Optimisme by u werknemers inprent, kan u die H.D.V.O  (Engels H.E.R.O. vir Hope, Efficacy, Resilience, Optimism)  in hulle vrystel. As u van u werknemers verwag om te dryf, gee hulle ’n reddingsbaadjie!

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X