In terme van Artikel 33 van die Maatskappywet No. 71 van 2008 (“die Wet”) word daar van alle maatskappye en beslote korporasies vereis om jaarlikse opgawes by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) in te dien.
Dit is egter belangrik om daarop te let dat jaarlikse opgawes wat by die CIPC ingedien word, wesenlik verskil van die opgawes wat jaarliks by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien word. Die doel van die jaarlikse CIPC-opgawe is om te bevestig dat:
- ’n entiteit nog in besigheid is;
- ’n entiteit handel dryf; en
- ’n entiteit in die nabye toekoms nog in besigheid en handeldrywend gaan wees.
- Vir ’n maatskappy – binne 30 besigheidsdae na die herdenking van die inkorporasiedatum van die maatskappy.
- Vir ’n beslote korporasie – binne 1 maand na die herdenking van die inkorporasiedatum van die beslote korporasie.
- Publieke en eksterne maatskappye – Augustus 2003
- Privaat en geïnkorporeerde maatskappye – Mei 2005
- Beslote korporasies – September 2008
- Nie-winsgewende maatskappye – Mei 2011
Tagged 2018, Afrikaans, CIPC, Corporate Governance, Maatskappywet No. 71