Testamente & egskeidings

Merging process and technology by prioritising experiences
June 9, 2023
Wills and divorce
June 9, 2023
Click here for ENGLISH

Egskeiding is ‘n sensitiewe onderwerp en gegewe die emosionele impak wat ‘n egskeiding op alle betrokke partye het, word dit dikwels gesien as ‘n onderwerp wat ten alle koste vermy moet word. Om die onderwerp te vermy, kan egter ‘n aansienlike (monetêre) koste inhou indien een van die partye sou sterf kort nadat die egskeiding afgehandel is.

Die Wet op Testamente, 7 van 1953 (hierna “die Wet” genoem), verskaf die formele vereistes vir die uitvoering van ‘n geldige testament. Dit bevat verder ‘n bepaling wat handel oor die scenario wanneer iemand kort na hul egskeiding sterf.

Artikel 2B van die Wet lui as volg: –

“Indien iemand te sterwe kom binne drie maande nadat sy huwelik deur ‘n egskeiding of nietigverklaring deur ‘n bevoegde hof ontbind is en daardie persoon voor die datum van sodanige ontbinding ‘n testament verly het, word uitvoering aan daardie Testament gegee op dieselfde wyse waarop daaraan uitvoering gegee sou word indien sy voormalige gade voor die datum van die betrokke ontbinding oorlede is, tensy uit die Testament blyk dat die erflater ondanks die ontbinding van sy huwelik bedoel het om sy voormalige gade te bevoordeel”.

Daarom, indien ‘n persoon skei of hul huwelik word nietig verklaar, en hulle sterf:

  1. Binne drie maande vanaf die datum van die egskeiding / nietigverklaring, sal die gewese eggenoot as vooroorlede geag word en dus niks van die oorledene erf nie.
  2. Na die tydperk van drie maande (vanaf datum van egskeiding / nietigverklaring), verval die geagte bepaling en indien die oorlede se testament nie verander is nie, sal die eks-gade volgens die testament erf.

Hierdie bepaling in die Wet op Testamente bied aan die testateur ‘n geleentheid om hul testament te verander binne die periode van drie maande na egskeiding soos deur die Wet bepaal. Indien hulle nie hul testament bywerk nie, bestaan die aanname dat hulle nie hul testament wou bywerk nie, so wat ook al die bepalings van die testament is, is geldig. Daarom sal die voormalige gade wat die benoemde begunstigde was, dan alles wat in die testament staan, kan erf.

Dit is dus noodsaaklik om hierdie sensitiewe onderwerp aan te spreek en te verseker dat jou testament na ‘n egskeiding op datum is om aan jou wense te voldoen ingeval jy sou sterf.

Kontak ons gerus indien u u testament wil hersien.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X