Strenger fokus op trust opgawes in 2023

Die Inkomstebelastingwet bepaal dat alle trusts op ‘n jaarlikse basis ‘n inkomstebelastingopgawe (ITR12T) moet indien. Die nakoming van hierdie bepalings is egter die afgelope paar jare selektief toegepas, met sommige trusts wat uitstaande belastingopgawes het wat etlike jare terug dateer. Gevolglik het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sy fokus verskerp om trustinligting, voordelige eienaars van trusts […]
2023 Belastingseisoen sperdatums en outomatiese aanslagprosesse

2023 Belastingseisoen sperdatums Die 2023-seisoen vir indiening van belastingopgawes vir individue en trusts het op 7 Julie 2023 geopen. Die kriteria en indieningsdatums is soos volg: Nie-voorlopige belastingbetalers en trusts wat nie aanspreeklik is vir voorlopige belasting betalings nie. 7 Julie 2023 tot 23 Oktober 2023 Voorlopige belastingbetalers, insluitend trusts, aanspreeklik vir voorlopige belasting betalings. […]
Tuiskantoortoelaes: Die effek op kapitaalwinsbelasting
Die eerste R2 miljoen van ‘n kapitaalwins of -verlies met die verkoop van ‘n primêre woning moet vir kapitaalwinsbelastingdoeleindes (KWB-doeleindes) buite rekening gelaat word. Dit beteken dat indien die opbrengs ten opsigte van die verkoop van ‘n primêre woning R2 miljoen of minder is, die kapitaalwins buite rekening gelaat moet word. Indien ‘n primêre woning […]