2023 Belastingseisoen sperdatums en outomatiese aanslagprosesse

2023 Tax season deadlines and auto-assessment processes
September 18, 2023
Strenger fokus op trust opgawes in 2023
September 18, 2023

Click here for ENGLISH

2023 Belastingseisoen sperdatums

Die 2023-seisoen vir indiening van belastingopgawes vir individue en trusts het op 7 Julie 2023 geopen. Die kriteria en indieningsdatums is soos volg:

Nie-voorlopige belastingbetalers en trusts wat nie aanspreeklik is vir voorlopige belasting betalings nie. 7 Julie 2023 tot 23 Oktober 2023
Voorlopige belastingbetalers, insluitend trusts, aanspreeklik vir voorlopige belasting betalings. 7 Julie 2023 tot 24 Januarie 2024

Outomatiese aanslagprosesse en veranderinge

Wie het ‘n outomatiese aanslag ontvang?

  • Outomatiese aanslae is aan belastingbetalers uitgereik wie se belastingsake minder ingewikkeld is en is gebaseer op derdepartydata wat ontvang is van werkgewers, mediese fondse, banke, aftree-annuïteitsfondse en ander instellings.
  • Belastingbetalers wat vir hierdie jaar se outomatiese aanslagproses gekwalifiseer het, kan bevestig of hulle wel outomaties geassesseer is deur van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se Aanlynnavraagdiensfunksionaliteit gebruik te maak of deur hier te kliek.

Wanneer is die outomatiese aanslag uitgereik?

  • Belastingbetalers is tussen 1 Julie 2023 en 7 Julie 2023 per SMS of e-pos in kennis gestel indien hulle geselekteer is om ‘n outomatiese aanslag te ontvang.

Wat moet ek doen indien ek ‘n outomatiese aanslag ontvang het?

  • Belastingbetalers wat outomaties geassesseer is, moet hul outomatiese aanslae op eFiling bestudeer. Indien die aanslag korrek is, is geen verdere stappe nodig nie.
  • Enige terugbetalings met betrekking tot die outomatiese aanslag sou binne 72 uur na die uitreiking van die outomatiese aanslagbrief in u bankrekening gedeponeer wees.
  • Belastingbetalers wat outomaties geassesseer is, en waar ‘n belastingaanspreeklikheid aan die SAID verskuldig is, en wat saamstem met die geassesseerde aanslag, moet die vereiste betaling binne 30 dae na die sluitingsdatum van die 2023 indieningsseisoen maak.
  • Belastingbetalers wat nie saamstem met hul outomatiese aanslag nie, het tot 23 Oktober 2023 om ‘n gewysigde inkomstebelastingopgawe via eFiling in te dien.

Hoe verskil die outomatiese aanslagproses van die vorige belastingjaar?

  • Verlede jaar het belastingbetalers 40 dae gehad vanaf die datum waarop die outomatiese aanslag uitgereik was om óf die aanslag te aanvaar óf hul hersiene belastingopgawes in te dien as hulle nie saamgestem het met die geassesseerde aanslag nie.
  • Indien belastingbetalers saamstem met hul outomatiese aanslag, is geen verdere aksie hierdie jaar nodig nie.
  • Vir belastingbetalers wat nie saamstem met hul aanslae nie, het die 40-dae reël weggeval en die SAID het die sperdatum verleng tot 23 Oktober 2023 om die indieningsdatum met die sperdatum vir nie-voorlopige belastingbetalers te belyn.

Rig gerus enige navrae oor u outomatiese aanslag of die status van u inkomstebelastingopgawe vir 2023 aan tax@asl.co.za.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X