Die Inkomstebelastingwet bepaal dat alle trusts op ‘n jaarlikse basis ‘n inkomstebelastingopgawe (ITR12T) moet indien. Die nakoming van hierdie bepalings is egter die afgelope paar jare selektief toegepas, met sommige trusts wat uitstaande belastingopgawes het wat etlike jare terug dateer.
Gevolglik het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sy fokus verskerp om trustinligting, voordelige eienaars van trusts (beneficial owners) en uitkerings wat gemaak en verklaar is, na te gaan en te kruiskontroleer. Met ingang van 23 Junie 2023 het die SAID heelwat veranderinge aan ITR12T’s aangebring, wat onder andere die volgende insluit:
Bykomende kwalifiserende vrae met die voltooi van die ITR12T
Bykomende vrae om te bepaal of enige plaaslike- of buitelandse bedrae in die trust gevestig was as ‘n begunstigde van ‘n ander trust, of geag opgeloop te word gedurende die betrokke jaar van aanslag; en die aantal trusts waarvan hierdie bedrae ontvang is.
Op grond hiervan sal die toepaslike aantal velde op die ITR12T beskikbaar wees waarin die onderskeie uitkerings openbaar moet word. Dit sal belastingbetalers in staat stel om die besonderhede van die uitkerings wat van ander trusts ontvang word, in die individuele velde te voltooi (byvoorbeeld uitkerings ontvang vanaf 5 ander trusts, waarna 5 velde outomaties beskikbaar sal wees).
Tesame hiermee is die volgende inligting nodig om die trustopgawe te voltooi:
‘n Vereenvoudigde opgawe vir passiewe trusts
Om voorsiening te maak vir ‘n minder omslagtige opgawe, het die SAID ook ‘n vereenvoudigde opgawe vir passiewe trusts ontwikkel waar beperkte aktiwiteite gedurende die jaar plaasgevind het.
Ander wysigings
Daar is baie klem gelê op die verklaring van voordelige eienaars in trusts – hoofsaaklik as gevolg van die kommer oor terrorismefinansiering en geldwassery. Suid-Afrika is genoodsaak om sy finansiële wetgewing te verskerp om hierdie misdade te bekamp. Dit volg op die bedreiging en uiteindelike “greylisting” deur die wêreldwye waghond vir geldwassery en finansiering van terroriste, die Financial Action Task Force.
Gevolglik is ‘n addisionele bladsy vir voordelige eienaarskapsverklaring tot die ITR12T bygevoeg om alle voordelige eienaars en diegene wat finansieel voordeel kan trek uit die opbrengste van die trust, aan te teken. Hierdie besonderhede sluit in:
Stawende dokumente
Alle verpligte stawende dokumente moet opgelaai en saam met die ITR12T ingedien word. Die vereistes sal wissel volgens die tipe trust wat ter sprake is, byvoorbeeld inter vivos trusts en testamentêre trusts.
Dit sluit onder meer in:
Sperdatums
‘n Trust word as ‘n nie-voorlopige belastingbetaler beskou indien alle inkomste en kapitaalwinste wat in die trust gegenereer word, óf aan die befondsers toegeskryf is óf aan die begunstigdes uitgekeer en in hul persoonlike inkomstebelastingopgawes openbaar is.
In die geval van ‘n trust wat as voorlopige belastingbetaler geregisteer is, word inkomste en kapitaalwinste wat in die trust genereer word, behou en nie uitgekeer nie, en gevolglik in die trust belas. Die eerste voorlopige belasting betaling deur hierdie trusts was teen einde Augustus 2023 betaalbaar.
Kontak gerus vir Jan Louis Koen by tax@asl.co.za indien u enige vrae het met betrekking tot die belastingstatus of die belastingopgawe van u trust.