Roei u werknemers in die regte rigting?

Employees’ tax reconciliation 2018
April 6, 2018
Are your employees rowing in the right direction?
April 6, 2018

Stel jou voor ’n organisasie waar werknemers nie net werk vir die salaris wat hulle aan die einde van die maand kry nie, maar eerder bereid is om met inspanning hul take te verrig, trots te wees op die werk wat hulle lewer en te volhard ten spyte van uitdagings waarvoor hulle te staan kom. Hierdie ideale scenario word “werknemerbetrokkenheid” genoem; ’n onlangse gonswoord in die sakewêreld. Maar hoekom die gons?

Navorsing toon dat ’n betrokke werksmag tot positiewe besigheidsuitkomste lei. Betrokke werknemers gee meer om en is gelukkiger by die werk, wat lei tot hoër produktiwiteitsvlakke, verhoogde retensiekoerse, verhoogde innovasie en beter kliëntediens.

Die huidige besigheidsomgewing, wat gekenmerk word deur onbestendigheid, onsekerheid, kompleksiteit en dubbelsinnigheid, maak dit selfs belangriker dat besighede op die bevordering van werknemers se betrokkenheidsvlakke fokus. As jy nog nie oortuig is nie, stel jou dan hierdie situasie voor…

Verbeel jou jy is een van ’n span roeiers op ’n roeiboot, vasgevang in ’n rivier vol stroomversnellings en jy is die enigste een wat roei. Maak nie saak hoe hard jy roei nie, die grootte van die stroomversnellings lyk onmoontlik om te oorkom sonder die gesamentlike poging van die ander lede. Daar is geen twyfel dat die huidige sake-omgewing vol stroomversnellings is en beslis nie voor die wind verloop nie. Organisasies kan nie langer bekostig om roeiers aan boord te hê wat net ’n sitplek in die boot beset en nie met volle inspanning roei nie. Organisasies benodig betrokke werknemers as hulle die stroomversnellings wil oorleef.

Dit is noodsaaklik dat ’n organisasie se leierskap verstaan hoe belangrik dit is om ’n kultuur van betrokkenheid  in ’n organisasie te skep. ’n Betrokkenheidskultuur kan slegs geskep word as leiers ’n beter begrip het van die sleutelfaktore wat betrokkenheidsvlakke verhoog. Die beginpunt is om te verseker dat werknemers weet in watter rigting hulle moet roei.

Die eerste stap in die rigting van werknemerbetrokkenheid is om te verseker dat u organisasie ’n duidelik omskrewe visie het  wat sal verduidelik in watter rigting die besigheid gaan. Tweedens moet werknemers hulle met die visie vereenselwig. Vir vereenselwiging om plaas te vind, moet die visie duidelik gekommunikeer word. Derdens moet werknemers verstaan hoe hulle daaglikse take tot die sukses van die organisasie bydra. Deur strategiese aanpassing kan u verseker dat u werknemers se pogings nie verspil word deur in die verkeerde rigting te roei nie.

Ons visie by ASL is dat ons ’n dinamiese, boetiekorganisasie is wat organiese groei aangryp deur ’n omgewing te skep waar ons mense floreer en uitnemende diens lewer. Met ’n duidelik omskrewe visie kan ons ons pogings in die regte rigting stuur. Is u visie duidelik gedefinieer en is u werknemers se pogings in die regte rigting gefokus?

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X