The benefits of outsourcing your accounting function
March 9, 2018
Wat is die doel van die jaarlikse CIPC-opgawe?
March 9, 2018

Korporatiewe beheer is in wese die reëls en praktyke waarbinne ’n maatskappy bestuur en beheer word. Die direkteure van ’n maatskappy speel ’n kritieke rol in die implementering en toepassing van goeie korporatiewe beheer, asook in die voldoening aan die vereistes van die Maatskappywet.

Die direkteure van ’n maatskappy moet te alle tye die verskeie belanghebbendes (aandeelhouers, werknemers, verskaffers/krediteure, regering, algemene publiek, ens.) se belange beskerm.  Dit is daarom ook belangrik dat direkteure gereeld hulle eie optrede en gedrag moet monitor en beoordeel.

Die pers het oor die afgelope tyd baie inhoud gepubliseer oor direksies se gebrek aan korporatiewe beheer en die skade wat beleggers gelei het as gevolg daarvan. Die maatskappye waaroor geskryf is, is natuurlik meestal groot korporatiewe entiteite. Dit laat ons egter met die vraag: Wat van die direkteure van maatskappye in ’n klein en medium grootte omgewing – hoe raak korporatiewe beheer hulle?

In die lig hiervan, het ons dit goedgedink om in die komende jaar ’n reeks artikels te publiseer oor effektiewe korporatiewe beheer binne sulke maatskappye, en belangrike punte waarop hierdie direkteure bedag moet wees.

Wees dus op die uitkyk vir hierdie insetsel deur Cornel Roux, waar sy van die vernaamste onderwerpe sal aanraak. U word ook uitgenooi om met haar in verbinding te tree, sou daar enige navrae rakende hierdie belangrike onderwerp wees.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X