Beste Leser
Met die halfpadmerk van die jaar wat ons vinnig nader, veg Suid-Afrika verbete voort teen die langtermyn sosio-ekonomiese stormwinde. Tesame met die internasionale manifestasie van tendense soos klimaatsverandering, tegnologiese ontwrigting, demografiese verskuiwings en sosiale onstabiliteit, deurstaan Suid- Afrikaners ook die storm van beurtkrag, die agteruitgang van ons vervoerinfrastruktuur, stygende rentekoerse en die onlangse gryslysgradering deur die Financial Action Task Force (FATF) – alles faktore wat nie net ons ekonomiese groeipotensiaal beperk nie, maar meer as ooit besighede se veerkragtigheid in hierdie tye toets.
Waar vind ons dan hoop en inspirasie om onsself en ons besighede in hierdie storm staande te hou?
Moeder Theresa het gesê: “I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples.” Gedurende hierdie tyd word ons toenemend geïnspireer deur ‘n gemeenskap van mense wat voortgaan om positiewe rimpelings en positiewe impak te skep – ons werknemers, ons kollegas in besigheid, ons betroubare adviseurs, ons kliënte.
In hierdie uitgawe van ons nuusbrief deel ons waadevolle inligting om jouself en jou besigheid voor te berei vir dit wat voorlê.
Mag jy jou reis voortsit om ‘n positiewe impak te maak in ‘n land wat steeds met soveel potensiaal gevul is – met die wete dat ons elke tree saam met jou stap.
Tot ons volgende nuusbriefuitgawe wens ons jou en jou besigheid die beste toe.
ASL Groete