Sa Wealth Tax As An Accelerant For Sa Residents To Leave South Africa
December 13, 2022
Foreword
April 11, 2023
Click here for ENGLISH

Vir die meeste rekenmeesters en ouditeure bring Maart welkome verligting – ’n maand van asemskep. Voorlopige belasting en finansiële jaareinde oorheers ons lewens tot ’n groot mate in Januarie en Februarie. Met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat genadeloos boetes hef, is daar ’n groot fokus om te verseker dat ons kliënte se voorlopige belasting akkuraat bereken en op tyd betaal word. Daarmee saam gaan Februarie gepaard met die jaarlikse begrotingsrede – ‘n gebeurtenis op die kalender wat vir meeste van ons ook ‘n goeie dosis afwagting en spanning bring.

Vir die afgelope twee belastingjare het groot kommer geheers dat daar slegte nuus op belastingpligtiges wag in die begrotingsrede, maar net soos die vorige twee jare, was daar hierdie jaar nie enige groot verrassings nie. Gesprekspunte oor die laaste paar weke is natuurlik die belastingaansporing vir Suid-Afrikaners om in sonkrag te belê deur die installering van sonpanele , wat sommige sal kan benut en ook natuurlik die sogenaamde gryslys – waarop Suid-Afrika wel geplaas is.

In hierdie nuusbrief sal u, onder andere, die volgende vind:

  • kortlikse opsomming van die begrotingsrede;
  • veranderinge aan die Wet op die Beheer oor Trustgoed;
  • nuwe rapporteringsvereistes van trusts met betrekking tot die Suid-Afrikaanse Inkomstediens; en
  • veranderinge aan Artikel 18A kwitansies (skenkings aan openbare weldaadsorganisasies).

Vriendelike groete

ASL

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X