The true cost of a data breach
May 31, 2024
Foreword
September 9, 2024
Click here for ENGLISH

Geagte leser

Die wêreld is die afgelope paar maande met talle onsekerhede gekonfronteer, ook vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief: onsekerhede oor die regering se begroting, rentekoerse, wisselkoerse, brandstofpryse, in- en uitvoere weens die toestand van ons hawens en die nasionale verkiesing.

Die sakewêreld spesifiek is verder gekonfronteer met drastiese veranderinge in belastingwetgewing rondom trusts, nuwe wetgewing rondom die rapportering van voordelige eienaarskap van trusts en maatskappye om geldwassery te beveg en te bekamp, asook gewysigde vereistes rondom die rapportering van inligting in finansiële state.

Onsekerheid en verandering loop dikwels hand aan hand, aangesien die vrees vir die onbekende deel van ons menslike natuur is. Alhoewel onsekerheid en verandering vrees kan meebring, bied dit ook talle geleenthede en platforms vir vooruitgang.

Soos die wyle Amerikaanse president John F. Kennedy gesê het: “Change is the law of life and those who look only to the past or present are certain to miss the future.”

Die veranderinge wat 2024 tot dusver gekenmerk het, is meer optimisties wanneer ‘n mens verby die onsekerheid kyk en verandering aanvaar as die enigste konstante in die lewe. Daar is talle redes vir optimisme: rentekoerse mag eersdaags daal, die wisselkoers toon tekens van herstel, brandstofpryse het die afgelope kwartaal in opeenvolgende maande gedaal, beurtkrag is saam met die kerse (vir nou) in die kas gebêre en die Regering van Nasionale Eenheid bied die moontlikheid van ‘n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se toekoms.

Verandering in die sakewêreld is volop, maar verandering is ook ‘n geleentheid op groei en vooruitgang. Ons toegewyde span met hul diverse kundigheid poog om te alle tye die veranderinge proaktief te benader. Sodoende verseker ons dat ons kliënte hul besigheid met gemoedsrus en optimisme in die laaste kwartaal van 2024 kan aanpak.

Beste wense

Pieter, Christa, Jaco, Reinhard en Jacques

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X