Met die EMP501-rekonsiliasies vir die jaar geëindig Februarie 2018 wat teen 31 Mei 2018 ingedien moet wees by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) sowel as die W.As 8 2017 Opgawe van Verdienste (Return of Earnings) by die Departement van Arbeid, is dit nodig om u daaraan te herinner dat die volgende boetes gehef kan word:
Ons Salarisafdeling maak gebruik van elektroniese salarisregisters wat hulle in staat stel om hul onderliggende waardes van doeltreffendheid en betroubaarheid behoorlik te handhaaf en sodoende te verseker dat akkurate inligting aan die SAID en die Departement van Arbeid betyds voorsien word om enige boetes te vermy.
Indien u enige hulp benodig met die voltooiing van u EMP501-rekonsiliasies en W.As 8 2017 Opgawe van Verdienste, moenie huiwer om vir Corne Moss of Charlene van Rensburg by 021 840 1600 of salaries@asl.co.za te kontak nie.