Pligte van ‘n Eksekuteur

SARS scams and fake e-mails
August 29, 2019
Finansiële emigrasie
August 29, 2019

Die testateur nomineer normaalweg ‘n eksekuteur in sy testament. Alhoewel die testateur enige persoon as eksekuteur kan nomineer in sy testament, is dit die Meester van die Hoë hof wat die aanstelling moet bekragtig deur die uitreiking van ‘n Eksekuteursbrief.

Alvorens die Meester van die Hoë hof egter die aanstelling sal bekragtig moet die hof eers seker maak dat die genomineerde eksekuteur oor die nodige kennis en kundigheid beskik om die boedel van die oorledene volgens die wetlike vereistes te beredder.

Dit gebeur gewoonlik in praktyk dat die testateur die langslewende gade of ‘n familielid nomineer as eksekuteur in sy testament. Die langslewende gade of familielid kan dan gebruik maak van ‘n agent om namens hom/haar die boedel te beredder. Die Meester van die Hoë hof sal in hierdie geval nie ‘n probleem hê om die aanstelling te bekragtig nie deurdat die eksekuteur bygestaan word deur ‘n agent wat die nodige kennis en kundigheid beskik.

Tot en met die behoorlike aanstelling van ‘n eksekuteur het geen persoon die magtiging om namens die boedel van die oorledene op te tree nie. Om ‘n bekwame eksekuteur te nomineer in jou testament (of gebruik te maak van ‘n agent) is dus uiters belangrik deurdat dit die uitreiking van die Eksekuteursbrief kan vertraag indien die Meester van die Hoë hof nie gelukkig is met die graad van kennis en kundigheid van die genomineerde eksekuteur nie. Dit kan verder weer ‘n baie negatiewe impak hê op die langslewende gade deurdat die oorledene se bankrekeninge gevries sal word totdat die eksekuteur deur die Meester van die Hoë hof aangestel is.

Die eksekuteur se pligte sluit verder in:
• Om die testament te interpreteer;
• Die boedel te beredder volgens die Boedelwet 66 van 1965;
• Na die belange van die erfgename om te sien;
• Seker te maak alle laste en skulde word vereffen; en
• Die bates te beskerm en te bestuur waar nodig.

Die gevaar om van iemand gebruik te maak wat nie oor die nodige kennis en kundigheid beskik nie kan ‘n baie moeilike en emosionele tydperk verder vererger asook die hele proses met maande tot selfs jare vertraag.

Laat jou geliefdes se veiligheid en sorg jou nalatenskap aan hul wees. Kontak gerus ASL Trust by trust@asl.co.za

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X