Die wêreld beweeg voortdurend na meer digitalisering en organisasies implementeer toenemend elektroniese en outomatiese oplossings om papiergebaseerde prosesse te verminder. Een van die vele oplossings is die elektroniese ondertekening van dokumente.
Ondertekening van dokumente
Daar kan na ’n handtekening verwys word as ’n merk wat deur ’n persoon gemaak word met die bedoeling om bepaalde feite, verklarings of ’n ooreenkoms te aanvaar en wat in staat is om die volgende doel te dien:
Kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing moet ’n onderskeid getref word tussen dokumente wat slegs geldig en afdwingbaar is as die dokumente behoorlik onderteken is deur die partye, d.w.s. dokumente wat wetlik vereis word om onderteken te word, en dokumente wat nie kragtens wetgewing onderteken hoef te word nie.
Dit het egter gebruiklik geword dat partye dokumente onderteken om hul voorneme en aanvaarding van bepalings en voorwaardes te boekstaaf, hoewel die blote ondertekening van die dokument dit nie geldig en bindend gemaak het nie.
Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 (die Wet)
Kragtens die Wet beteken “Databoodskap data wat op elektroniese wyse voortgebring, gestuur, ontvang of geberg word”. “Elektroniese handtekening” word gedefinieer as “data wat geïnkorporeer word by, of logies geassosieer word met ander data en wat deur die gebruiker bedoel is om as ’n handtekening te dien”.
Volgens die bepalings van die Wet word twee tipes elektroniese handtekeninge erken:
Daar moet egter op gelet word dat kragtens die Wet die volgende nie elektronies aangegaan kan word nie maar op skrif moet wees:
In die lig van die voorgaande sal ’n dokument wat met ’n elektroniese handtekening onderteken is, aanvaar word as voldoende bewys dat die ondertekenaar akkoord gaan met die bepalings en voorwaardes wat in die dokument beliggaam is. In wese is ’n aanlyn elektroniese handtekening in ’n handelstransaksie die ekwivalent van ’n handgeskrewe handtekening. Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat in gevalle waar ’n handtekening wetlik vereis word en die betrokke wet nie spesifiseer watter tipe handtekening gebruik moet word nie, net ’n GEH voldoende sal wees.