Gegewe die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) se onvoorspelbaarheid en voortdurend veranderende stelsels, vereistes en prosedures is dit deel van ons missie om deurgaans op hoogte te bly van alle nuwe verwikkelinge en dateer ons ons kennisbank deurlopend op met enige verwikkelinge by die SAID.
Dit is om te verseker dat kwaliteit diens gelewer word aan ons kliënte deur omdraaitye so kort as moontlik te hou.
Een van die hoof eienskappe wat ons kweek om bogenoemde te verseker is om voortdurend vindingryk te wees.
Vir ons beteken dit:
Sou u dus enige frustrasies met die SAID se kantoor of met eFiling ervaar is u welkom om met ons in verbinding te tree sodat ons u probleem kan aanspreek. Onder die leiding van Jan Louis Koen as bestuurder is ons belastingafdeling gretig om van u te hoor. U kan ons kontak by 021 840 1600 / tax@asl.co.za.