Wie moet vir u kinders sorg na u dood?

Corporate Governance: Removal of Director vs Voluntary Resignation of Director
June 3, 2019
Tax on foreign employment income (“Expat tax”)
June 3, 2019

Die Kinderwet, 38 van 2005 (hierna verwys as die Kinderwet) beheer die wetgewing met betrekking tot die versorging, kontak en beskerming van kinders. Die rigsnoer, in alle sake, is die beste belang van die kind.

Artikel 27 van die Kinderwet bepaal:

Toewysing van voogdyskap en sorg:

  1. (a) ’n Ouer wat die enigste voog van ‘n kind is kan ’n geskikte en gepaste persoon aanwys as voog van die kind in geval van die dood van die ouer.
    (b) ’n Ouer wat die alleenversorger van ‘n kind is kan ’n geskikte en gepaste persoon aanwys op wie die sorg van die kind oorgaan in die geval van die dood van die ouer.
  2. ’n Aanwysing ingevolge subartikel (1) moet vervat wees in ‘n testament wat deur die ouer gemaak is.
  3. ’n Persoon wat aangewys is ingevolge subartikel (1) verkry voogdyskap of sorg, wat die geval ookal mag wees, ten opsigte van ‘n kind –
    (a) na die dood van die ouer; en
    (b) met die persoon se uitdruklike of implisiete aanvaarding van die aanwysing.
  4. Indien twee of meer persone aangewys word as versorger of voog kan enigeen of meer of almal van hulle die aanwysing aanvaar behalwe as die aanwysing anders bepaal.

Die finale besluit (goedkeuring) met betrekking tot die aanstelling van ’n versorger of voog vir ’n minderjarige, berus by die Hooggeregshof van Suid-Afrika, aangesien hierdie hof die opperste voog van alle minderjarige kinders is en dus nie ’n bevel kan gee wat in stryd is met die beste belang van die minderjarige nie. U, as die natuurlike voog, kan voorsiening maak in u testament deur ’n geskikte en gepaste persoon aan te stel wat u na u dood as versorger of voog van u minderjarige kinders wil hê.

Die kind se siening moet ook in die besluit oor die aanstelling van ’n versorger of voog in ’n testament, oorweeg word. Die Kinderwet bepaal dat elke kind, van enige ouderdom, volwassenheid en ontwikkelingsfase wat in staat is om aan enige aangeleentheid rakende hom/haar deel te neem, die reg het om dit op ’n gepaste wyse te doen. Daar is geen vaste ouderdom waarop kinders hul eie besluite kan neem nie, maar hoe ouer en meer volwasse hulle is, hoe meer sal hul wense in ag geneem word.

Indien u enige navrae het oor hierdie artikel, is u welkom om vir Inge Heath te kontak by inge@asl.co.za.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X