
Vaarwel Adrian
Na meer as 12 jaar by ASL, verlaat Adrian de Geus die firma aan die einde van Maart. Na ’n tyd van introspeksie en refleksie oor sy persoonlike visie, het Adrian besluit om nader aan sy huis te praktiseer. Ons bedank Adrian vir sy waardevolle bydrae oor die afgelope jare en wens hom alle sterkte toe met sy nuwe onderneming.
Bevorderings
Ons is opgewonde om die volgende bevorderings met ingang 1 Januarie te bevestig.
Alika Rossouw, Ané van Vuuren, Mariska Keeve, Mioné Luus en Lize-Marie Marais is bevorder na assistentbestuurders in die Business Solutions afdeling. Hulle het gedurende 2025 hul SAIPR* klerkskappe by ASL voltooi, en ook hul raadseksamen om te registreer as ’n Professionele Rekenmeester, suksesvol afgelê.

Verder is Jacques Brits, Vonique Slabbert en Casper Venter bevorder na assistentbestuurders in die oudit- & gerusstellingsafdeling. Hulle het in 2025 hul SAIGR** klerkskappe by ASL voltooi met Casper wat ook reeds sy finale raadseksamens suksesvol voltooi het ten einde te registreer as ’n Geoktrooieerde Rekenmeester (GR (SA)) by die SAIGR.

Nuwe Personeel
ASL is trots om die volgende nuwe personeel te verwelkom wat in Februarie 2026 by die firma aangesluit het om met hul klerkskap te begin. Ons is oortuig dat die volgende drie jaar waardevolle lewenslesse sal inhou en elke individu sal voorberei op ’n suksesvolle loopbaan.
SAIGR

SAIPR

*SAIPR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters
**SAIGR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters