Benefits of “the cloud” you probably have not yet considered
May 31, 2019
How to succeed as an entrepreneur
May 31, 2019

Nuwe werknemers

Op 14 Januarie 2019 het ons vir Dirk du Toit in die Rekeningkunde Departement as bestuurder verwelkom. Dirk kom oorspronklik van die Ouplaas-distrik tussen Bredasdorp en Swellendam. Hy het sy B.Com Bestuursrekeningkunde-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal, waarná hy sy leerlingrekenmeesterskap voltooi het by SDK Chartered Accountants (SA). Dirk het ’n passie vir die natuur en buitelewe.

Reinhardt Sieberhagen is in 2018 bevorder na die posisie van oudit assosiaat. Sy bydrae word reeds waardeer en ons sien uit vir die hoogtes wat Reinhardt nog gaan bereik.

Amorei Engelbrecht het in Desember 2018 by ASL aangesluit as menslike hulpbron bestuurder. Amorei kom van die Boland en het haar meestersgraad in B.Com Bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waarná sy ook haar internskap om as bedryfsielkundige te registreer, voltooi het.

Izell van Dyk en Lize van Schaik het aan die einde van 2018 by ASL se Finansies Departement aangesluit. Izell, wat voorheen by WAPPoint gewerk het, kom oorspronklik van Natal. Sy woon sedert November 2015 in Kaapstad en Somerset-Wes-area. Lize woon ook in Somerset-Wes en stel onder andere belang in klassieke Citroën-voertuie.

SAICA-leerlingrekenmeesters

ASL het agt nuwe SAICA-leerlingrekenmeesters in Februarie 2019 verwelkom.

Chanté Muller is oorspronklik van Pretoria en woon tans in die Paarl. Sy het haar BRekeningkunde-graad by die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het reeds haar eerste jaar van klerkskap voltooi in Pretoria, maar het te veel verlang na die natuurskoon in die Boland. Sy beskou haarself as ’n “coffee addict” en mense-mens.

Daniëlle Cronje kom van Jacobsdal. Sy het haar B Forensiese Rekeningkunde-graad, gevolg deur Finansiële Rekeningkunde Honneurs, aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) behaal. Sy is ’n goeie skut en is altyd ywerig om ’n nuwe uitdaging aan te pak.

Darryl Burgess geniet basies enige tipe sport. Hy ondersteun Manchester United in sokker en die Stormers in rugby.  Hy het sy B Rekeningkunde-graad by die Universiteit Stellenbosch verwerf, maar kom oorspronklik van Boksburg.

Doné Barrie het grootgeword op ’n plaas in Standerton, waarná hulle verhuis het na Hartbeespoort. Sy het haar B.Com Rekeningkunde en B.Com Finansiële Rekeningkunde Honneurs aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) behaal. Sy poog om elke jaar minstens een boek te lees.

Leandri Scholtz van Kaapstad, was die Maties rugby se noodhulpbeampte. Sy glo dat ’n mens te alle tye net jouself moet wees. Leandri het haar B Rekeningkunde-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Nicola Janse van Rensburg het grootgeword in Rustenburg. Sy het by die Universiteit Stellenbosch studeer, waar sy haar B Rekeningkunde-graad voltooi het. Sy geniet interessante kossoorte en is ’n foto-entoesias.

Simoné Bosch, ook van Kaapstad, glo 2019 is háár jaar om geleenthede aan te gryp. Sy het haar B Rekeningkunde-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Francois Botha het effens later in Februarie 2019 by ASL aangesluit. Hy kom van Graaff-Reinet en het sy B Rekeningkunde-graad, asook sy B.Com Bestuursrekeningkunde Honneurs by die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Hy het tydens 2014 ’n landbou-internskap in die VSA voltooi deur Ohio University.

SAIPA- en CIMA-eerstejaars

ASL het agt nuwe SAIPA- en CIMA-leerlingrekenmeesters verwelkom in Februarie 2019.

CP Kemp volg in sy broer, GJ, se voetspore en het ook sy loopbaan by ASL begin. Hy het grootgeword op ’n plaas in die Bray-distrik in Noordwes, en het Bestuursrekeningkunde studeer aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Jana Stanvliet kom van Stellenbosch, en het op haar tuisdorp studeer in die rigting van Bestuursrekeningkunde. Sy hou van lees en om tyd saam met vriende te spandeer.

Jason Botha is van Somerset-Wes en het sy B.Com Bestuursrekeningkunde Honneurs aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy is gretig om te leer en sien uit vir die uitdagings van klerkskap.

Johannes Engelbrecht, van Durbanville, se droom om op Stellenbosch te studeer het ook ’n realiteit geword. Hy het sy B.Com Bestuursrekeningkunde Honneurs in 2018 voltooi.

Alhoewel Ludolph Hough hoofsaaklik grootgeword het in Pretoria, het hy tydens sy kinderjare vir twee jaar in Ivory Coast, asook twee jaar in Ghana gebly. Hy was in Wilgenhof koshuis en sy B.Com Bestuursrekeningkunde Honneurs aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Nadine Davids van Strand, geniet die buitelewe. Sy het ook Bestuursrekeningkunde studeer op Stellenbosch, en sien uit om deel te word van die ASL-familie.

Sean Knipe, van Douglas, het sy Bestuursrekeningkunde Honneurs aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) behaal. Hy beskou dit as ’n voorreg om sy loopbaan by ASL te begin.

Tehan Smit, wat ook sy Bestuursrekeningkunde Honneurs by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) voltooi het, kom oorspronklik van George. Hy kom maklik en vinnig met mense oor die weg en sien uit om almal by ASL beter te leer ken.

Trouklokkies

Om te trou is nie perdekoop nie en daar was verskeie verlowings en troues in die afgelope paar maande. GJ en Vernanda Kemp, Tiaan Jordaan en Deline van Ieperen, Keagan en Bernine de Kock, asook Margaret Gladile en David Dede Khanzi, het aan die einde van 2018 die knoop deurgehaak.

Suné Claassens en Nico Lourens, Lana Keulder en Chris Venter, Silja Kiesling en Johan Wiid, asook André van Dyk en Myrtle Erasmus, het verloof geraak. Ons wens vir al die paartjies baie jare se liefde en geluk toe.

Nuwe toevoegings tot ASL se “uitgebreide familie”

ASL wens Retha van Blommestein voorspoed toe met die verwelkoming van hul babadogtertjie,  Stella. Mag sy net liefde en vreugde tot julle gesin toevoeg, en sterkte aan die ouers met die min slaap.

ASL studies

Graag wil ons vir Morgan Gregory, Dirkie du Toit, Lana Keulder en Natasha Brits gelukwens met hul suksesvolle Raad 2-uitslae. Duncan Brink het ook in 2018 sy B Rekeningkunde Honneurs voltooi.

Indien u enige vrae sou hê ten opsigte van die inhoud van hierdie artikel, kontak gerus vir Amorei Engelbrecht (amorei@asl.co.za) of u verhoudingsdirekteur.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X