Nuwe werknemers | ASL 2018

Is it still possible for a business to use a trading name other than its registered name?
February 2, 2018
New Employees | ASL 2018
February 5, 2018

ASL sien daarna uit om twaalf nuwe leerlingrekenmeesters in 2018 te verwelkom. Leerling klerke begin hul reis by ASL met ’n twee week lange oriënteringsprogram wat verseker dat ’n optimale leeromgewing geskep word en dat nuwe verhoudings uit die staanspoor gevestig kan word. Ons wens ons nuwe klerke die beste toe vir hierdie nuwe hoofstuk van hul lewens.

Stephanus Lingenfelder (SAIGR-leerling)

Stephanus kom van ’n plaas by Colesberg. Hy het BRekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en beoog om aan die einde van 2018 te gradueer. Stephanus geniet om gholf, muurbal en rugby in sy vrye tyd te speel. Sy doel vir 2018 is om goeie verhoudinge by die werk te bou en om sy beste te lewer met elke taak wat hy aanpak.

Marinus Wassenaar (SAIGR-leerling)

Marinus kom van Vanderbijlpark in Gauteng en het aan die Hoërskool Sasolburg gematrikuleer. Hy het die BRekeningkunde graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is tans vir sy honneursgraad aan UNISA ingeskryf.  Hy het vier jaar lank in die Helderberg manskoshuis gewoon waar hy krieket, hokkie en sokker gespeel het. Hy is ’n toegewyde Real Madrid en Arsenal sokkerondersteuner en is ook lief vir dans. Dit is vir hom belangrik om tyd saam met vriende deur te bring. Marinus is opgewonde oor die nuwe fase in sy lewe waar hy nuwe mense kan ontmoet en sy kennis van die besigheidswêreld kan uitbrei.

Silja Kiessling (SAIGR-leerling)

Silja se tuisdorp is Kleinmond en dus is sy lief vir die buitelewe – van stap in die berge tot ’n dag op die strand deurbring. Sy het aan die Universiteit van Stellenbsch gestudeer waar sy in Huis ten Bosch dameskoshuis tuisgegaan het. Sy het haar honneursgraad in rekeningkunde in 2017 verwerf. In haar vrye tyd geniet sy skilder, fotografie en fietsry. Haar familie is baie belangrik vir haar en sy is trots op haar Duitse erfenis en kultuur. Sy is opgewonde oor die nuwe ervaringe en nuwe mense wat sy gaan ontmoet op haar reis saam met ASL.

Nadia Auret (SAIGR-leerling)

Somerset-Wes is bekende terrein vir Nadia aangesien sy in Grabouw grootgeword het en aan die Hoërskool Strand gematrikuleer het. Sy het in 2017 haar honneursgraad in rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy geniet dit om tyd met haar familie en vriende deur te bring, warm somerdae by die strand en om nuwe plekke te ontdek. Haar doel vir 2018 is om elke dag as ’n nuwe geleentheid aan te pak en om soveel as moontlik te leer. Sy is opgewonde oor die geleentheid om nuwe mense te ontmoet en om deel van ASL te wees.

Yolanda du Plessis (SAIGR-leerling)

Yolanda is ’n kleindorpmeisie van Fochville in Gauteng. Sy het sowel die baccalaureusgraad en honneursgraad in rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf. Sy sien uit daarna om haar professionele- en tegniese vaardighede by ASL uit te brei en is opgewonde om die nuwe uitdagings wat 2018 mag bring aan te pak. In haar vrye tyd geniet sy lees en die buitelewe en ook om tyd saam met familie en vriende deur te bring..

Nicole Paul (SAIGR-leerling)

Nicole is ’n menspersoon – sy is op haar gelukkigste wanneer sy deur mense omring word. Sy het op ’n plaas naby Richmond in die Noord-Kaap grootgeword, wat ’n groot rol speel in die persoon wat sy vandag is, omdat sy baie lewenslesse van groot waarde geleer het. Sy het aan Eunice High School in Bloemfontein skoolgegaan en daarna haar baccalaureusgraad in rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy speel tennis en is gek oor alle watersportsoorte, veral waterpolo en ski. Nicole is opgewonde oor 2018 en die nuwe uitdagings wat haar werk en deeltydse honneursstudie gaan bring

Breyten Bester (SAIPR-leerling)

Breyten het in Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword en het in 2012 aan die Hoërskool Brandwag gematrikuleer. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waar hy die baccalaureusgraad in bestuursrekeningkunde verwerf het. Hy is tans besig met sy honneursgraad in bestuursrekeningkunde aan UNISA. Hy hou van reis en is besonder lief vir Madagaskar. Hy ontspan deur met vriende gholf te speel, fiets te ry en te lees.  Breyten sien uit na nuwe uitdagings en om nuwe menste te ontmoet en is opgewonde om soveel as moontlik by ASL te leer.

Jochiré Strauss (SAIPR-leerling)

Jochiré kom van ’n plaas aan die voet van die Swartberge buite Oudtshoorn en is een van vier kinders. Sy het haar honneurs in bestuursrekeningkunde in 2017 aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. In Stellenbosch het sy in die Irene dameskoshuis gewoon en dit geniet om hokkie vir haar koshuis te speel. Jochiré is ’n ekstrovert en geniet dit om te sosialiseer en om tyd in die buitelug deur te bring en nuwe uitdagings aan te pak. Sy ontmoet graag nuwe mense en kan nie wag om almal by ASL te ontmoet nie.

Zané Smith (SAIPR-leerling)

Zané het in Klerksdorp grootgeword en daar gematrikuleer. Sy het die baccalaureusgraad en honneursgraad in finansiële rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf. Haar gunsteling tydverdryf is om kwaliteittyd met familie en vriende deur te bring, in die natuur te verkeer, aan sport deel te neem en inkopies te doen. In 2018 wil sy soveel as moontlik leer, elke geleentheid aangryp en elke taak tot die beste van haar vermoë verrig.

Deirdre Payne (SAIPR-leerling)

Deirdre het aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley gematrikuleer en haar baccalaureusgraad in finansiële rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy hou daarvan om In haar vrye tyd te lees, tyd in die buitelug deur te bring en te ski. Sy sien uit na 2018 met al die nuwe avonture en uitdagings wat dit mag inhou.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X