Is dit moontlik om ‘n ooreenkoms terugwerkend van krag te maak?

Under what circumstances can a private company and/or close corporation be deregistered?
April 25, 2018
Is it possible to backdate an agreement?
April 25, 2018

’n Gewilde vraag wat opduik tydens konsultasie met ’n kliënt wanneer die opstel van handelsdokumente bespreek word, is “wat is die effektiewe datum van die transaksie?” Dit is gebruiklik dat die effektiewe datum uitdruklik in die transaksie bepaal word om aan te toon wanneer die ooreenkoms van  krag en effektief sal word. Die effektiewe datum van ’n transaksie is van groot belang, veral wanneer daar bepaalde voorwaardes is wat nagekom moet word voor of ná die datum waarop die ooreenkoms deur die betrokke partye onderteken is.

In sommige gevalle sal die effektiewe datum vasgestel word op ’n vroeër of later datum as die datum waarop die ooreenkoms deur die partye onderteken is. Daar word dikwels gevind dat die effektiewe datum van ’n ooreenkoms vroeër is as die ondertekeningsdatum. Hierna kan verwys word as die terugdatering van ’n ooreenkoms. Nieteenstaande die feit dat die voorgenoemde toelaatbaar is, behoort die effek van die terugdatering van enige ooreenkoms nie deur die partye misken te word nie. Die terugdatering van enige ooreenkoms beteken dat die partye retrospektiewelik gebind word vanaf die vroeër datum.

Weens die terugwerkende effek van die ooreenkoms is dit noodsaaklik dat die partye verseker dat tydens die onderhandelingstadia en/of ondertekening van die ooreenkoms geen voorstellings gemaak word wat hulle weet vals is of onmoontlik om na te kom nie. In gevalle waar ’n wanvoorstelling gemaak word wat  bepaalde verliese tot gevolg kan hê, kan dit daartoe lei dat een party ’n siviele geding teen die ander party instel. Partye moet alle feite waaroor hulle beskik en wat die transaksie tussen die ondertekening en die effektiewe datum kan beïnvloed, verklaar, om situasies te vermy waar een van die partye verliese ly wat aanleiding kan gee tot kriminele of siviele aanspreeklikheid. Verder, sou alle verpligtinge en voorwaardes van die ooreenkoms van só ’n aard wees dat hulle betyds uitgevoer is en die effektiewe datum vroeër is as die datum van ondertekening, moet dit behoorlik opgeteken word in die ooreenkoms wat eers op ’n later stadium onderteken sal word.

Hoewel dit moontlik is om ’n ooreenkoms terug te dateer is dit raadsaam om te verseker dat die partye betyds professionele persone nader wat spesialiseer in die opstel en implementering van handelsdokumentasie, om die ooreenkoms behoorlik op skrif te stel.

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X