Hoogtepunte van die 2024-begrotingstoespraak

CIPC | Beneficial Ownership Reporting Deadline and Online Process for Directors’ Amendments
March 12, 2024
2024 Budget speech highlights
March 12, 2024

Click here for ENGLISH

Ten spyte van toenemende druk om belasting te verhoog om die regering se begroting te laat klop, is geen groot belastingverhogings aangekondig tydens die Minister van Finansies se 2024-begrotingstoespraak wat op 22 Februarie 2024 gelewer is nie.

Die begroting beoog om ‘n ekstra R15 biljoen in inkomste te genereer, hoofsaaklik deur persoonlike inkomstebelasting deur bestaande belastingskale, kortings en mediese krediete onveranderd te hou sonder enige inflasionêre aanpassings. Voorstelle vir die 2024/25-belastingjaar sluit aksynsbelasting op alkohol- en tabakprodukte, bo inflasiekoerse in.

Nuwe belastingmaatreëls sluit die twee potstelsel vir aftree spaargeld, aansporings vir plaaslike elektriese voertuigproduksie en die implementering van die globale minimum korporatiewe belastingkoers in. Verder stel die begroting geen verhogings in die algemene brandstofen Padongelukkefondsheffing, voor nie.

Die implementeringsdatum vir die twee potstelsel vir aftree spaargeld is 1 September 2024, waarvan die Regering verwag om ‘n ekstra R5 biljoen in die 2024-belastingjaar te verdien van belastingbetalers wat van die eenmalige onttrekking uit hul aftree spaargeld gebruik wil maak.

Ongelukkig is die belastingkorting op die installering van sonkragpanele, wat aangekondig is in die 2023-begrotingstoespraak, nie meer beskikbaar nie.

Die volgende koerse en kortings bly almal onveranderd:

  • Primêre, sekondêre en tersiêre kortings (belastingvrye drempel van R95 750 vir belastingbetalers jonger as 65).
  • Mediese belastingkrediete van R364 per maand vir die eerste twee begunstigdes en R246 per maand vir die oorblywende begunstigdes.
  • Die jaarlikse vrystelling op rente verdien deur individue jonger as 65 jaar (R23 800) en vir individue van 65 jaar en ouer (R34 500).
  • Die jaarlikse limiet van R36 000 op bydraes tot belastingvrye spaarrekeninge.
  • BTW teen R15%.
  • Dividendterughoubelastingkoers teen 20%.
  • Alle insluitingskoerse vir kapitaalwinsbelasting.
  • Rente- en tantième-terughoubelastingkoers teen 15%.
  • Korporatiewe inkomstebelastingkoers teen 27%.
  • Die brandstof- en Padongelukkefondsheffing.
  • Oordragskoste.

Die sleutel koersveranderinge sluit in:

  • Die globale minimumbelastingkoers teen 15%, van toepassing op groot multinasionale maatskappy groepe vanaf 1 Januarie 2024.
  • Verhoging in uitvoerbelasting op alkoholiese drankies waarvan die koers bepaal word deur die tipe drankie.
  • Toename in uitvoerbelasting op tabakprodukte.

Let asseblief daarop dat hierdie lys nie volledig is nie. U is welkom om die ASL elektroniese belastinggids van ons webwerf af te laai vir meer besonderhede deur hier te kliek.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X