Die Boedeladministrasieproses

Resilience during COVID-19 pandemic
June 18, 2020
The urgency of setting financial business priorities
June 18, 2020

Die administrasieproses van ‘n boedel met ‘n bruto waarde van R250 000 of meer, word uiteengesit in die Administration of Estates Act, 66 of 1965, waarvolgens ‘n Eksekuteur die volgende voorgeskrewe vereistes moet nakom:

Rapportering van boedel en aanstel van Eksekuteur 6 tot 10 weke
Nagaan en goedkeuring van die Likwidasie- en Distribusierekening deur die Meester 6 tot 24 weke
Nagaan en goedkeuring van die Likwidasie- en Distribusierekening deur die Meester 4 tot 8 weke
Likwidasie- en Distribusierekening lê ter insae vir inspeksie 4 tot 6 weke
Finalisering van boedel (na inspeksieperiode en geen besware ontvang is nie) 4 tot 8 weke
Gemiddelde tydperk vir ‘n eenvoudige boedel 6 tot 13 maande

(Die aanduiding van tydraamwerke word nie deur die Meester van die Hoër Hof of die Wet voorgeskryf nie en word as aanduiding gegee van ons ondervinding in hierdie verband).

1. Konsultasie met die familie / belanghebbendes

In die geval van dood:

2. Rapportering van boedel | Aanstelling van die Eksekuteur

Die Meester moet in kennis gestel word van die oorledene se afsterwe deur die voltooiing van sekere voorgeskrewe vorms. Die doel hiervan is dat die Meester ‘n bevoegde Eksekuteur moet aanstel wat met die bereddering van die boedel kan begin. lndien die Meester tevrede is met die dokumente soos verskaf, sal hy die aanstelling doen deur middel van die uitreiking van ‘n eksekuteursbrief. Die Eksekuteur beskik nou oor die nodige magte om die bereddering van die boedel te mag behartig.

3. Likwidasie- en Distribusierekening | Voorbereiding

Nadat die Eksekuteur formeel aangestel is deur die Meester sal hy ‘n advertensie plaas in die staatskoerant asook ‘n plaaslike koerant, waarin hy sal versoek dat alle krediteure van die oorledene hulle eis teen die boedel moet instel binne ‘n 30 dae periode. Gedurende hierdie 30 dae periode gaan die Eksekuteur voort om die nodige banke en ander beleggingsinstansies te kontak, en waardasies van alle onroerende en roerende bates, asook besonderhede van die beleggings van die oorledene, te bekom.

  • Sodra al die inligting bekom is sal die Eksekuteur kan bepaal of die boedel oor genoegsame kontant beskik om die laste te betaal. lndien nie sal die erfgename moet bydra of die Eksekuteur sal van die bates moet vervreem.
  • Die Eksekuteur bepaal verder die belastingposisie van die oorledene op die dag van afsterwe.
  • ‘n Konsep Likwidasie- en Distribusierekening word deur die Eksekuteur opgestel en na bespreking daarvan met die erfgename word dit aan die Meester gestuur.

4. Likwidasie- en Distribusierekening | Meester

  • Die Likwidasie- en Distribusierekening sit al die bates, laste en administrasiekostes uiteen en bepaal hoe die bates verdeel moet word, asook die boedelbelasting betaalbaar, indien enige.
  • Die Meester gaan die Likwidasie- en Distribusierekening na in ooreenstemming met die toepaslike regulasies en wette.
  • Die Meester kan verdere inligting of bewyse vanaf die Eksekuteur aanvra.

5. Likwidasie- en Distribusierekening | Inspeksie

  • Sodra die Meester tevrede is met die Likwidasie- en Distribusierekening sal die Eksekuteur dit oopstel vir inspeksie vir ‘n periode van 21 dae. Enige belanghebbendes kan in hierdie tydperk beswaar aanteken teen die Likwidasie- en Distribusierekening indien hulle nie daarmee tevrede is nie.
  • Die Meester sal die beswaar na die Eksekuteur verwys vir terugvoering. lndien die Meester tevrede is dat die beswaar nie geregverdig is nie kan die Eksekuteur voortgaan met die finalisering van die boedel.

6. Finalisering | Distribusie

  • Die Eksekuteur gaan voort met die betaling van alle krediteure, die oordrag van enige onroerende eiendom en die distribusie van erfenis aan die erfgename.
  • Die Meester sal die boedel as afgehandel beskou sodra hy bewyse ontvang het van die betalings en distribusies.
ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X