
Bevorderings
Ons is opgewonde om die volgende bevorderings met ingang 1 Januarie te bevestig.
Isabella Maritz en Nadia Paulse is bevorder tot kliëntebestuurders in die Oudit- & Gerusstelllingsafdeling. Beide van hulle het in 2024 hul SAIGR* klerkskappe by ASL voltooi en het ook suksesvol hul finale raadseksamens voltooi ten einde te registreer as ’n Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) by die SAIGR professionele liggaam. Isabella is oorspronklik van die Noord-Kaap en het haar studies voltooi by Stellenbosch Universiteit. Nadia is oorspronklik van Phalaborwa en het haar studies voltooi aan die Noordwes-Universiteit.
Daarmee saam is Jahnri Alberts, Eric Segal, Daniel Brunette en Zanel Erasmus bevorder tot assistent-bestuurders in die Oudit- & Gerusstelllingsafdeling. Jahnri, oorspronklik van Springs, Daniel, oorspronklik van Lichtenburg, en Zanel, oorspronklik van Piet Retief, het hul studies voltooi aan die Noordwes-Universiteit. Eric, oorspronklik van Laaiplek, het sy studies by Stellenbosch Universiteit voltooi.

So ook is Adrian Louw, Sané Stoman en Alita de Villiers, wie hulle SAIPR** klerkskappe by ASL in 2024 suksesvol voltooi het, bevorder tot kliëntebestuurders in die Business Solutions afdeling. Adrian, oorspronklik van Vredenburg, en Alita, oorspronklik van Stellenbosch, het hul studies by Stellenbosch Universiteit voltooi. Sané, oorspronklik van Kroonstad, het haar studies voltooi aan die Noordwes-Universiteit. Annemika Kearney is ook bevorder tot assistent-bestuurder in die Business Solutions afdeling. Annemika, oorspronklik van die Paarl, het haar studies voltooi by Stellenbosch Universiteit.
Nazari Hickman is bevorder tot Korporatiewe Beheer Beampte in ons Maatskappy Sekretariële afdeling. Nazari, oorspronklik van Wellington, het in 2020 by ASL aangesluit.
Ons sien uit na elkeen se positiewe bydrae in hul onderskeie nuwe rolle!

Nuwe Personeel
ASL is trots om die volgende nuwe personeel te verwelkom wat in Februarie 2025 by die firma aangesluit het om hul klerkskap te voltooi. Ons vertrou dat die volgende drie jaar waardevolle lewenslesse sal bied en elke individu sal voorberei op ’n suksesvolle loopbaan.

*SAIGR van links na regs: JW van der Merwe, André Scott, Megan Damon, Almero Hamming, Sinéad Hendrickse, Drieckus van Heerden, Meghan Pillay, Donwan Pekeur

**SAIPR van links na regs: Marla Smit, Michela Scholtz, Anine Siebrits, Etienne du Toit, Mignon Grové, Terrané Smit, Surika van Zyl, Rochelle Visagie
*SAIGR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters
** SAIPR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters
Studies:
Ons wens graag die volgende personeel geluk met hul uitsonderlike akademiese prestasies.
Amoré Watson, Alika Rossouw en Nerissa Pelimpasakis, SAIPR klerke wat ook gelyklopend hul Bestuursrekeningkunde kwalifikasie voltooi deur die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), het in 2024 die finale CIMA strategiese gevallestudie geslaag.
Verder wens ons ook vir Anne Jansen en Zanel Erasmus geluk met die suksesvolle aflegging van die finale raadseksamen ten einde te kan registreer as ‘n geoktrooieerde rekenmeester by die SAIGR. Hulle het tydens Desember 2024 die finale assessering in aanvanklike professionele bevoegdheid (tans bekend as Applied Professional Competence (APC), voorheen bekend as “raad 2”), voltooi.
