ASL Initiatives for 2024
March 12, 2024
Ontsluit die krag van personeel motivering
May 31, 2024

Die ASL werwingspan het op 11 April die Noordwes Universiteit (NWU) se loopbaandag in Potchefstroom bygewoon. Nie net is ons verwelkom deur die Pukke Loopbaankantoor nie, maar was hierdie ‘n geleentheid om met studente in verbinding te tree en bewustheid ten opsigte van klerkskapgeleenthede te skep.

Verder is ons opgewonde oor die in-persoon loopbaandag by die Universiteit van Stellenbosch (SU) binnekort op 6 Augustus 2024. Kontak gerus talent@asl.co.za om aansoek te doen vir enige beskikbare permanente posisies of klerkskapgeleenthede by die firma.

Aanstellings

Ons is trots om aan te kondig dat Sané Stoman en Adrian Louw beide bevorder is tot kliëntebestuurders in ons business solutions afdeling. Sané is ‘n Vrystater en kom oorspronklik van Kroonstad. Sy verwerf haar graad in Bestuursrekeningkunde in 2020 aan die Noordwes Universiteit, gevolg deur haar Honneursgraad in Bestuursrekeningkunde in 2021. Adrian kom oorspronklik van die Weskus en het in 2017 aan Paarl Gimnasium gematrikuleer. As trotse Matie verwerf hy sy graad in Bestuursrekeningkunde in 2020, gevolg deur sy Honneursgraad in Bestuursrekeningkunde in 2021.

Beide van hulle het in 2022 by ASL aangesluit en is tans as derdejaarklerke in proses om hul SAIPR* en CIMA klerkskappe gelyklopend af te handel. Dit bly ons prioriteit om kontinuïteit en bogemiddelde diensvlakke gedurende hierdie oorgangsperiode te handhaaf.

Akademiese prestasie

Ons wens graag vir Maryn du Toit en Charisma Strijdom, eerstejaar SAIGR** klerke, geluk met die suksesvolle voltooiing van hul eerste raadseksamen, die Inititial Test of Competence (ITC) wat hulle gedurende Junie 2023 en Januarie 2024 onderskeidelik afgelê het.

*SAIPR: Suid-Afrikaans Instituut vir Professionele Rekenmeesters

**SAIGR: Suid-Afrikaans Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X