ASL se personeelinisiatief vir die derde kwartaal van 2023 was #ASLGive, met ‘n fokus op korporatiewe sosiale verantwoordelikheid. Die inisiatief het ’n hoogtepunt bereik met die jaarlikse Mandeladagviering waar 67 minute van jou tyd aangewend word om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Hierdie jaar het ons besluit om die Graad R – 3 leerders van die Oklahomastraat Primêre Skool in Macassar te ondersteun. Op Woensdag, 19 Julie het die personeel aan die einde van die werksdag bymekaar gekom om heerlike bederfpakkies vir die leerders te pak. Daarmee saam het ’n produksielyn ontstaan om serpe te vervaardig wat ’n bietjie warmte sal verskaf aan die klein lyfies op koue wintersoggende. Op Vrydag, 21 Julie is die bederfitems uitgedeel en verskeie speletjies met die leerders gespeel.
Dit was ’n suksesvolle en insiggewende ondervinding vir almal wat betrokke was en ons is weer opnuut bewus hoe verrykend dit is om met ’n oop hand en hart te gee. Personeel is ook aangemoedig om ander instansies te ondersteun gedurende hierdie tyd, en het met mooi gebare en aksies in hul persoonlike kapasiteit, werklik ‘n positiewe impak met verreikende gevolge in die gemeenskap gehad.
Gedurende die laaste kwartaal van die jaar sal ons die inisiatiewe, gefokus op gesondheid (ASLMove), bemagtiging en ontwikkeling (ASLLearn), sowel as korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (ASLGive) afsluit op ‘n hoogtepunt met drie afsonderlike geleenthede vir personeel om aan deel te neem, sosiaal te verkeer en die jaar se uitkomste te vier.
Die ASL Talent span het op 15 August 2023 die Stellenbosch Universiteit se loopbaandag bygewoon, waar ons tyd op kampus spandeer het en met voornemende klerke interaktief kon gesels. Ons bedank die universiteit vir hul moeite en reëlings in hierdie verband en is altyd opgewonde om verhoudings met potensiële kandidate te vestig.
Ons wens graag die volgende personeel geluk met hul uitmuntende akademiese uitslae in die volgende CIMA kategorieë:
Verder wens ons ook alle personeel wat in die komende weke begin voorberei vir hulle finale eksamens of raadseksamens, baie sterkte toe. Hierdie tyd van die jaar is gebruiklik ‘n besige periode op die akademiese front, maar nietemin weet ons dat dit werklik goed sal gaan met elkeen se studies.
ASL bied klerkskap geleenthede aan vir studente wat graag wil kwalifiseer by die Suid- Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR, of ook beter bekend as SAICA), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPR, beter bekend as SAIPA), sowel as Geoktrooieerde Bestuursrekenmeesters (CIMA). Blootstelling sluit in oudit, finansiëleen bestuursrekeningkunde in ons oudit- en gerusstellingsafdeling en besigheidsoplossingsafdeling. As deel van ons kliëntgesentreerde dienslewering sal praktiese blootstelling ook verkry word in ander afdelings soos belasting, maatskappy sekretariële dienste, adviesdienste wat deel vorm van ons besigheidsoplossingsafdeling, sowel as korporatiewe regsaangeleenthede. Nie net bied ASL vir voornemende klerke ‘n alomvattende en holistiese fondasie nie, maar is ons kultuur geskoei op ons firma waardes waar verhoudings met kollegas ook ‘n sentrale fokuspunt vir ons is.
Indien jy graag wil deel vorm van die ASL span, stuur gerus jou CV na talent@asl.co.za of besoek ons webblad by www.asl.co.za/careers vir besonderhede rakende betrekkings.
Op 1 Augustus 2023 het die ASL Groep 25 jaar van kliëntgesentreerde dienslewering gevier. Ons bedank ons kliënte, kollegas in besigheid, betroubare adviseurs en diensverskaffers vir die vertroue wat hulle in ons plaas en betekenisvolle verhoudings wat gebou word.
Die ASL-span kon tydens die midjaarfunksie, wat ons gebruiklik skeduleer vir die eerste week in Augustus om ook die firma se bestaan te vier, saam kuier by die Root44 restaurant. Charl Cronje, voormalige hoof uitvoerende beampte van Ackermans en voorsitter van Maties Rugbyklub, het ons personeel toegespreek oor ‘n positiewe ingesteldheid wat waarde kweek, en sy storie tot sukses gedeel. Personeel kon die funksie op ‘n hoë noot afsluit met hernude energie vir die laaste paar maande van die jaar.