Op 5 Mei 2020 het die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”), Edward Kieswetter, die sleutelveranderinge aan die komende seisoen vir die indiening van persoonlike belasting aangekondig wat drie fases sal behels.
Fase een – Werkgewer indiening (15 April 2020 tot 31 Mei 2020)
Daar is gelet daarop dat werkgewers se nakoming met werknemersbelasting (LBS) van kardinale belang sou wees en dat daar ‘n hernude fokus by die SAID sou wees om te verseker dat alle werkgewers ten volle aan die vereistes van hul indiening en betalingsverpligtinge voldoen. Werkgewers, saam met ander verskaffers van derdeparty-inligting, het die verantwoordelikheid om te verseker dat hulle teen die einde van Mei 2020 ten volle moet voldoen ingevolge hul indiening en betalingsverpligtinge.
Fase twee – Opdatering van belastinglêer (1 Junie 2020 tot 31 Augustus 2020)
As jou belastingpraktisyn het ons toegang tot hierdie geregistreerde besonderhede, en ons nooi ons kliënte uit om ons te kontak om te bevestig dat jou huidige besonderhede op die SAID-stelsel korrek gereflekteer word. Ons nooi ook ons kliënte wat ‘n outomatiese assessering ontvang om dit te stuur na tax@asl.co.za om ons in staat te stel om die akkuraatheid van die assessering te bevestig.
Fase drie – Werknemer indiening (1 September 2020 tot 31 Januarie 2021)
Maatskappye en beslote korporasies is nie onderhewig aan die bogenoemde sperdatums nie. Sodanige entiteite moet hul inkomstebelastingopgawes 12 maande na jaareinde indien.
Neem kennis dat nie alle individue verplig word om ‘n inkomstebelastingopgawe in te dien nie. Byvoorbeeld, natuurlike persone is vrygestel van sodanige indiening indien hul enigste inkomste verdien word in die vorm van ‘n salaris van ‘n enkele werkgewer gedurende die jaar (nie meer as R350 000) en inkomste verkry uit rente vir daardie persoon ook minder as R23 800 was (of R34 500 indien die persoon ouer as 65 is). Hierdie vrygestelde individue kan egter steeds ‘n opgawe indien om voordeel te trek uit belastingaftrekkings, wat geëis moet word op die ingediende opgawe.