Wat is reg in jou besigheid?

FU2F – IFRS 16
September 26, 2019
What’s right in your business?
September 27, 2019

“There are two primary choices in life: to accept conditions as they exist, or accept the responsibility for changing them.” – Denis Waitley

Wat is daardie posisie vandag in jou besigheid? Is jou besigheid in sy huidige toestand alles wat jy gedroom het dit sal wees, of is daar aspekte wat moet verander waarvoor jy verantwoordelikheid moet aanvaar? 

Wel, ongeag jou onmiddellike werklikheid, is dit weer daardie tyd van die jaar waar die somer momentum die finale naelloop in besighede aanhits net voor die einde van 2019 en die begin van 2020 aanbreek. Kersversierings en liedere vul ons winkelsentrums, huise en kantore, en almal word bewus daarvan dat nog ‘n jaar binnekort verby sal wees. Die fees seisoen bereik ‘n hoogtepunt gedurende die nuwe jaar vieringe, wanneer nuwe jaar voornemens die groot gesprekspunt word in die dae wat volg.  

Keer op keer ervaar ons in ons besigheid hoe dinge vir die beste uitdraai wanneer ons verantwoordelikheid aanvaar vir dit wat nie reg is nie en stappe neem om positiewe verandering teweeg te bring. Daar is immers geen groei in ontkenning nie. Om besigheid te doen bly egter steeds ‘n reis, een waarin daar geen uiteindelike bestemming is om by te arriveer nie.  

As ‘n sake-eienaar, is dit belangrik om uitdagings direk aan te pak en hulle te sien as ‘n normale deel van die lewe. Dit is belangrik om ‘n proses in werking te stel wat sal toelaat dat jy jou realiteit proaktief kan bestuur, ‘n proses waarvolgens ‘n jaarlikse strategie-sessie jou die geleentheid sal bied om die verantwoordelikheid te aanvaar beide om positiewe verandering in jou besigheid en ook jou persoonlike lewe te bewerkstellig. 

As jy so ‘n proses in plek het, sal die uitdagings nie sommer weer jou ingesteldheid oorskadu nie. Jkry dan die geleentheid om te sien wat reg is en wat nie in jou besigheiden om die belofte wat dit vir die toekoms inhou te vier.  

“Learn from the past, set vivid, detailed goals for the future, and live in the only moment of time over which you have any control: now.”  - Denis Waitley 

ASL
ASL
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X