Die Wet op Testamente 7 van 1953 (verder na verwys as “die Wet”), bepaal die formele vereistes vir die uitvoering van ‘n geldige testament. Dit bevat verder ’n bepaling wat handel oor die situasie waar iemand kort ná ‘n egskeiding te sterwe sou kom.
Artikel 2B van die Wet lui soos volg:
“Indien iemand te sterwe kom binne drie maande nadat sy huwelik deur ’n egskeiding of nietigverklaring deur ’n bevoegde hof ontbind is en daardie persoon voor die datum van sodanige ontbinding ’n Testament verly het, word uitvoering aan daardie Testament gegee op dieselfde wyse waarop daaraan uitvoering gegee sou word indien sy voormalige gade voor die datum van die betrokke ontbinding oorlede is, tensy uit die Testament blyk dat die erflater ondanks die ontbinding van sy huwelik bedoel het om sy voormalige gade te bevoordeel.”
Dus, as ‘n persoon skei of die huwelik nietig verklaar word, en hulle kom te sterwe:
Hierdie bepaling in die Wet op Testamente gee ‘n geleentheid vir die testateur om hul testament te verander in die tydperk van drie maande na die egskeiding, soos deur die Wet bepaal. As hulle nie hul testament hersien nie, word veronderstel dat hulle dit nie wou hersien nie en sal die bepalings van die testament behoue bly. Daarom sal die voormalige gade wat die benoemde begunstigde was, dan alles wat in die testament staan, kan erf.
Dit is dus nodig om hierdie sensitiewe onderwerp aan te spreek en seker te maak dat jou testament na ‘n egskeiding op datum is om aan jou wense te voldoen, in die geval dat jy sou sterf.
Kontak gerus vir Jacques Potgieter by jacques@asl.co.za vir enige verdere navrae.