Skip to main content

ASL – Expert Accounting Services

ASL werwingspan by NWU loopbaandag

Die ASL-werwingspan het met trots deelgeneem aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se jaarlikse loopbaandag op die Potchefstroomkampus. Die geleentheid het aan ons die voorreg gebied om met ’n energieke groep voornemende gegradueerdes te skakel en groter bewustheid te skep van die uiteenlopende klerkskapgeleenthede wat ASL bied.

Tydens die dag het ons waardevolle gesprekke gevoer met talentvolle studente en meer inligting gedeel oor ons SAIGR*-, SAIPR**- en CIMA***-klerkskapprogramme, asook ander loopbaangeleenthede binne die firma. Ons is opreg beïndruk deur die studente se leierskapspotensiaal, dryfkrag en entoesiasme vir die beroep, en sien daarna uit om moontlik van hierdie belowende jong talent in die toekoms by ASL te verwelkom.

Ons bedank ook graag die NWU Loopbaankantoor vir hul gasvryheid en ondersteuning tydens die geleentheid. Sulke platforms bied vir ons ’n waardevolle geleentheid om met studente te skakel en hulle meer blootstelling aan die professionele wêreld te gee.

Verder sien ons uit daarna om op 5 Augustus deel te neem aan Universiteit Stellenbosch (US) se loopbaandag.

Kontak gerus talent@asl.co.za om deel te word van die ASL-span.

* SAIGR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters

** SAIPR: Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters

*** CIMA: Chartered Institute of Management Accountants

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X