ASL se tradisionele midjaarfunksie het Vrydag, 2 Augustus by De Blaauwe Kitchen by Blaauwklippen Wynlandgoed plaasgevind. Die doel van die midjaarfunksie is tweeledig – eerstens om ASL se verjaarsdag op 1 Augustus te vier, en andersins om die span te inspireer en te motiveer vir die laaste deel van die werksjaar, wat ook die besigste deel van die jaar is in ons industrie.
Met aankoms is almal met mimosas en peuselhappies verwelkom en uit die staanspoor was dit duidelik dat dit ’n middag van heerlike samesyn gaan wees. Personeel se geesdrif is versterk met ’n bemoedigende verwelkomingstoespraak deur Reinhard, waarna Cobus Oosthuizen van LifeXhange ‘n insiggewende motiveringspraatjie gelewer het. Die geleentheid is afgesluit met heerlike wyn en smullekker pizzas wat gesellig rondom die tafels geniet is.
Die span het die daaropvolgende Maandag met nuwe werksywer aangemeld, gereed om die uitdagings van Augustus en September met ’n positiewe ingesteldheid aan te pak.