Ons is verheug om die aanstelling van Jacques Potgieter as direkteur binne die ASL Groep* aan te kondig. Met besonderse eienskappe van toewyding en leierskap binne ons firma, beliggaam Jacques die waardes en visie wat ons as groep vorentoe dryf.
Jacques het sy reis met ASL begin in 2013 as ’n SAIPA klerk en het sy klerkskap aan die einde van 2015 voltooi. Sedertdien het hy in sy rol as kliënteverhoudingsbestuurder, in noue samewerking met Pieter Aucamp, onskatbare ervaring in kliëntediens en tegniese uitnemendheid opgedoen. In Julie 2019 is hy bevorder tot assosiaat van die ASL Groep met sy gevolglike aanstelling as direkteur in Januarie 2024.
In sy nuwe hoedanigheid as direkteur, sal Jacques nuwe perspektiewe en strategiese insigte bring om ons dienslewering verder te verhoog asook volhoubare groei te dryf. Ons het volle vertroue in sy vermoë om uit te blink in hierdie nuwe rol en saam met die res van die direksiespan voort te gaan om ander te inspireer met hul leierskap en toewyd ing.
|
|
|
|
_______________________
*Jacques is sedert 1 Januarie 2024 ‘n direkteur van die volgende entiteite binne die ASL Groep – ASL Trustdienste (Edms) Bpk, ASL (Edms) Bpk, ASL Tesourie (Edms) Bpk