Belasting- en sekretariële dienste
Met verwysing na die meegaande faktuur wys ons u graag op die volgende:
Click here for English
- Hierdie faktuur word aan u gelewer ooreenkomstig ons gebruik om ’n jaarlikse faktuur te hef vir die lewering van sekere gespesifiseerde belasting- en sekretariële dienste wat gedurende die loop van die 2025 kalenderjaar deur ons gelewer gaan word.
- Die eenmalige faktuur verminder nie net ons administrasie as diensverskaffer nie, maar maak sake ook vir u as kliënt meer gerieflik, aangesien u nie ‘n aantal kleinerige fakture deur die jaar van ons sal ontvang nie.
- Siende dat hierdie rekening vooruit gelewer word, het ons korting van ongeveer 15% op die faktuur ingesluit wat tot Vrydag, 31 Januarie 2025 geldig sal wees. Indien betaling egter nie teen hierdie datum ontvang is nie, sal die korting teruggeskryf word
- Die ter sake dienste soos gelewer aan die onderskeie entiteite, is soos volg:
Maatskappy | Beslote Korporasie | Trust | Individu | |
Voorlopige belastingopgawes | x | x | x | x |
Kontrolering van belastingaanslag | x | x | x | x |
Administrasie en kontrolering van inkomstebelastingrekening by SAID | x | x | x | x |
Bewaring en byhou van sekretariële rekords | x | x |
- U faktuur is spesifiek saamgestel om slegs die dienste waarvoor ons verantwoordelik is in te sluit - u word dus nie vir enige dienste gefaktureer waarvoor ons nie verantwoordelik is nie.
- Hoewel ons, sover moontlik, in die nuwe jaar geen bykomende fakture aan u sal lewer vir die genoemde dienste nie, kan dit wel nodig wees in die geval van die berekeninge vir ’n eerste of tweede voorlopige belastingbetalings, waar berekeninge vereis word. In sommige gevalle mag u opgawe selekteer word vir 'n verifikasie waar addisionele inligting en dokumente aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voorsien moet word en in ander gevalle mag die nodigheid ontstaan om teen ‘n foutiewe belastingaanslag beswaar of appél aan te teken. In sodanige omstandighede behou ons die reg voor om ’n addisionele faktuur vir dienste in hierdie verband te lewer.