In die lig van die huidige COVID-19 pandemie het President Cyril Ramaphosa sekere verligtingmaatreëls aangekondig in ‘n poging om voorsiening te maak vir die welstand van die mense van Suid-Afrika, en om ons reeds geteisterde ekonomie deur hierdie onsekere tye te navigeer.
Ten einde te help met die verligting van kontantvloeilaste wat as gevolg van die COVID-19 pandemie ontstaan het, het die regering die uitstel van ‘n gedeelte van werknemersbelasting-betalings en voorlopige belastingsaanspreeklikhede aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) ingestel, sonder die instelling van administratiewe boetes en die hef van rente op die uitgestelde bedrag.
Werknemersbelasting
Voorlopige belasting
Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie belastingverligtingsmaatreëls sal slegs van toepassing wees op kwalifiserende belastingpligtiges wat gedefinieer word as:
‘n Maatskappy, trust, vennootskap of individu –
Rente en boetes sal egter van toepassing wees in gevalle waar dit met assessering ontdek word dat ‘n belastingpligtige nie kwalifiseer vir verligting onder die voorgestelde wysigings nie.
VERDERE BELASTINGMAATREËLS OM DIE COVID-19 PANDEMIE TE BESTRY
Die volgende stel bykomende maatreëls is ook geïmplementeer en sal besighede help om aan die gang te bly en hul werknemers en verskaffers te betaal:
Vaardigheidsontwikkelingsheffing-vakansie: Vanaf 1 Mei 2020 sal daar ‘n vier maande betalingsvakansie wees vir vaardigheidsontwikkelingsheffingbydraes om alle besighede met kontantvloei te help.
Versnelling van belasting op toegevoegde waarde (BTW) terugbetalings: BTW-ondernemers wat in ‘n netto terugbetalingsposisie is, sal tydelik toegelaat word om maandelikse indienings te doen, in plaas van twee maandeliks, om die insetbelasting-terugbetaling vinniger terug te ontvang om te help met kontantvloei.
‘n Toename in die uitgebreide aansporingsbedrag vir indiensnemingsbelasting: Die belastingmaatreëls maak voorsiening vir ‘n loonsubsidie van tot R750 per maand vir elke werknemer wat minder as R6 500 per maand verdien.
Geval-tot-geval aansoek by die SAID vir die afstanddoening van boetes: Groter besighede (met bruto inkomste van meer as R100 miljoen) wat kan bewys dat hulle as gevolg van die COVID-19 ramp nie in staat is om belastingbetalings te maak nie, mag direk by SARS aansoek doen om belastingbetalings uit te stel sonder om boetes te op te loop. Net so kan besighede met ‘n bruto inkomste van minder as R100 miljoen aansoek doen vir ‘n bykomende uitstel van betalings sonder om boetes op te loop.
Ons nooi u uit om ons Belastingafdeling te kontak indien u enige verdere navrae oor enige belastingverligtingsmaatreëls het. U kan ons skakel by 021 840 1600/ Tax@asl.co.za.