In terme van Artikel 33 van die Maatskappywet No. 71 van 2008 (“die Wet”) word daar van alle maatskappye en beslote korporasies vereis om jaarlikse opgawes by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) in te dien.
Dit is egter belangrik om daarop te let dat jaarlikse opgawes wat by die CIPC ingedien word, wesenlik verskil van die opgawes wat jaarliks by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien word. Die doel van die jaarlikse CIPC-opgawe is om te bevestig dat:
Jaarlikse opgawes kan slegs elektronies op die CIPC se webtuiste ingedien word en binne die volgende voorgeskrewe tydperke:
In die geval waar ’n entiteit dormant is, word daar steeds van die entiteit verwag om ’n jaarlikse opgawe by die CIPC in te dien ten einde deregistrasie te vermy.
Buiten die vereiste dat ’n jaarlikse opgawe ingedien moet word, is ’n voorgeskrewe fooi betaalbaar aan die CIPC. Die voorgeskrewe fooi word bepaal deur die nuutste omsetsyfer van die entiteit, wat verkry word vanaf die nuutste goedgekeurde finansiële state van die entiteit. Sou die entiteit nie die jaarlikse opgawe binne die voorgeskrewe tydperk by die CIPC indien nie, sal die CIPC bo en behalwe die voorgeskrewe fooi, ook ’n boete hef, gebaseer op die omsetsyfer van die entiteit.
Entiteite is verplig om jaarlikse opgawes by die CIPC in te dien vanaf:
Waar entiteite nalaat om jaarlikse opgawes by die CIPC in te dien, sal die CIPC aanvaar dat die entiteit nie aktief is nie, en die nodige stappe neem om die entiteit te deregistreer.